BoN: Droomskema is eintlik bedrogskema
BoN: Droomskema is eintlik bedrogskema

BoN: Droomskema is eintlik bedrogskema

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Bank of Namibia (BoN) waarsku in 'n verklaring dat die aanlyn-finansiëleskema, MyLife Change247, wat beloof om mense se drome waar te maak deur 'n opbrengs van soveel as 75% op hul geld te betaal, 'n bedrogskema is.
Dié aanlynskema is op 11 Januarie vanjaar deur die Noorweër Olsen Larsen in Suid-Afrika begin. Hy het vroeër in Kaapstad gewoon.
Volgens BoN het hy 'n ondersoek gedoen na MyLife Change247 se sakemodel en bevind dit is strydig met die Wet op Bankinstellings.
Geld word van lede ontvang en weer aan ander lede teen 'n hoë opbrengs uitbetaal in 'n poging om hul "drome" waar te maak, sonder dat enige produkte verkoop word.
Volgens MyLife Change247 het hy meer as 80 000 aktiewe lede in Afrika en streef hy daarna om in meer as 50 lande op die vasteland sake te doen, blyk dit uit 'n voorlegging op sy webtuiste.
Dit word as 'n "eweknie-tot-eweknie geldruilskema" beskryf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!