• Tuisblad
  • Sake
  • BoN kry internasionale toekenning vir N$30-noot
BoN kry internasionale toekenning vir N$30-noot
BoN kry internasionale toekenning vir N$30-noot

BoN kry internasionale toekenning vir N$30-noot

Ronelle Rademeyer
Die Bank of Namibia (BoN) is op 16 Desember bekroon met die Beste Gedenkbanknoot-toekenning tydens 'n virtuele prysuitdeling van Reconnaissance High-Security Printing (HSP) vir lande in Europa, Midde-Ooste en Afrika (EMEA).
Om die toekenning vir die beste gedenkbanknoot te wen is 'n besonderse prestasie aangesien dit die eerste noot van sy soort is wat deur die bank ontwerp en uitgereik is," sê die BoN in 'n verklaring.
Dit is verlede jaar vrygestel om dertig jaar van onafhanklikheid in Namibië te vier.
Me. Sencia Kaizemi-Rukata, direkteur van bankdienste, sê die toekenning getuig van die kwaliteit van die N$30-noot en toon daar is waardering daarvoor dat die nuutste sekuriteitskenmerke in die internasionale valutabedryf toegepas is.
"Reconnaissance High-Security Printing (HSP) erken uitstaande prestasie in die ontwerp, tegniese sofistikasie en sekuriteit van 'n banknoot of banknootreeks. Hulle kyk verder na visuele kunsvaardigheid en hoë vlakke van tegniese en sekuriteitssofistikasie, met aansienlike klem op die weerspieëling van die kulturele erfenis van die landasook die relevansie van die algehele ontwerp en simboliek," sê die BoN.
Die opbrengs uit die verkoop van die gedenknote was N$480 000 en is aan Save the Rhino Trust Namibia geskenk.

Foto ter illustrasie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!