Bonifatius laat hom nie keer in Namibiese Ope
Sommer van die eerste putjie af het Stephanus Bonifatius die naweek gewys dat hy nie van plan was om sy titel in die 2016 Bank Windhoek Namibiese Ope gholfkampioenskap af te staan nie.
Sowat 62 spelers van klubs dwarsoor die land het sake in hul onderskeie afdelings uitgespook. Toestande by die Rössmund-baan buite Swakopmund was Saterdagoggend koel en mistig. Die baan was in puik kondisie danksy die harde werk van die klubpersoneel. Die aangename omstandighede het tot goeie tellings bygedra.
Bonifatius het Saterdag se eerste 18 putjies met ’n bruto telling van 69 (drie minder as baansyfer) afgesluit. Dit het hom ses houe voor sy naaste uitdagers Kasoma Paulino en Likius Nande op 75 bruto geplaas.
Danksy die kompetisieborg en die klubhuis se kombuis was die middagete by die halfpadmerk ’n aangename ondervinding. Die weer het ook perfek gebly vir die namiddag waarin Bonifatius se teenstanders sy voorsprong tot twee houe laat krimp het.
Helmut Ndjendja was die voorloper in die B-afdeling (77 bruto oor tee rondes), terwyl die bestendige Achmet Abrahams sy stempel op die C-afdeling afgedruk het (89 bruto).
Sondagoggend is die spelers deur mistige weer begroet wat gelukkig weer vinnig opgeklaar het. Met sy finale ronde van 73 houe het Bonifatius verseker dat hy die titel behou wat hy verlede jaar ook ingepalm het. Die snel ontluikende Kasoma Paulino het drie houe agter hom klaargemaak.
By die prysuitdeling het Rössmund se klubkaptein Michael Ludeke die deelnemende spelers, asook vir Bank Windhoek bedank wat nie net die toernooi borg nie, maar ook in ander opsigte die spel in Namibië ondersteun.
Die visepresident van die Namibiese Amateur Gholfunie (Nagu), mnr. Hafeni Nghinamwaami, het die nasionale manspan gelukgewens met hul vertoning by die onlangse Streek 5 (Sone 6) kampioenskap. Kevin Wentzel (spankaptein), Likius Nande, Gabriel Shikodi en Stephanus Bonifatius het sesde uit die 18 deelnemende lande in Sswaziland klaargemaak.
Die naweek se wenners was soos volg:
ALGEHEEL
Beste bruto: 1 Stephanus Bonifatius 217; 2 Kasoma Paulino 220. Beste netto: 1 Nico Hendrikse 218 (uittel); 2 Helmut Ndjendja 218.
A-AFDELING:
Beste bruto: 1 Kevin Wentzel 223; 2 Likius Nande 228. Beste netto: 1 Mario Polster 222; 2 Charl Hanumub 223.
B-AFDELING:
Beste bruto: 1 Willie van Zyl 253; 2 Koot Potgieter 257. Beste netto: 1 Theo Haimbondi 227 (uittel); 2 Athol McLean 227.
C-AFDELING:
Beste bruto: 1 Achmet Abrahams 267; 2 Armand Smit 272. Beste netto: 1 Clive Lawrence 225; 2 Jacques van der Merwe 226 (uittel).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie