Bonsmara - Die Namibiese veldbees
Dr. Joggie Briedenhann, Hartebeestloop Bonsmaras
Ons weet dat Namibië se reënval onvoorspelbaar en wisselvallig is – presies soos tans ondervind word. Alhoewel ons niks kan doen aan die reënval nie, kan ons gelukkig met weldeurdagte seleksie, die beste diere uitsoek om onder hierdie droë en moeilike toestande mee te boer.
Dis in die hande van stoettelers om hierdie tipe diere te teel, uit te soek en dan aan die kommersiële mark aan te bied, om sodoende die totale vleisbeesindustrie te bevorder.
5 EIENSKAPPE
Die Hartebeestloop-veilingsgroep bied daarom aan die boer ‘n mediumraam bul met aanvaarbare liggaamsmassa. Die bulle vertoon ook goeie groeivermoë en kan gras baie doeltreffend omsit in vleis onder ekstensiewe toestande.
Ons het vir die 2015-veiling uiters baie klem geplaas op vyf eienskappe in bulle wat sal verseker dat hulle goed as veldbees in Namibië sal presteer, te wete:
• Medium raamgrootte;
• genoegsame daaglikse gemiddelde gewigstoename (GDT);
• aanvaarbare volwasse massa;
• Goeie voeromsetverhouding; en
• beste veldvoeromsetverhouding (Kleiber-verhouding)
MEDIUM RAAMGROOTTE
Navorsing het herhaaldelik en deur die jare heen bewys dat medium raamgrootte diere in Namibië die beste onder ekstensiewe toestande presteer.
Tabel 1 wys die gemiddelde skouerhoogte teelwaarde indekse en skouerhoogte BLUP-teelwaardes vir die Bonsmara-ras en die Hartebeestloop-veilingsbulle. Die bulle wat aangebied word op die Hartebeestloop-veiling is dus gemiddeld medium raamgrootte bulle wat onder ekstensiewe toestande goed behoort te presteer.
GENOEGSAME DAAGLIKSE GEMIDDELDE GEWIGSTOENAME (GDT)
GDT is ‘n belangrike maatstaf van groei. Diere wat nie genoegsaam groei nie, tel nie genoeg gewig op nie en behaal nie goeie pryse in die mark nie. Die boer word vir kilogramme vleis betaal.
Tabel 2 wys die gemiddelde GDT-teelwaarde-indekse en GDT BLUP-teelwaardes vir die Bonsmara-ras en die Hartebeestloop-veilingsbulle. Soos duidelik gesien kan word, is oorgenoeg groei in die veilingsbulle vasgeteel.
AANVAARBARE VOLWASSE MASSA
Die negatiewe aspek om net GDT te gebruik in seleksie, is dat dit nie liggaamsmassa en inname van voer in berekening bring nie.
Dit bring die volgende mee:
• Deur konstant vir beter groeiers (groter GDT’s) te selektee,r word outomaties vir groter diere geselekteer. Dit is nie ekonomies volhoubaar onder ekstensiewe toestande nie; en
• met GDT as enkel eienskapseleksie, is dit nie moontlik om die doeltreffendste diere te identifiseer nie. Doeltreffend beteken watter diere groei die beste as alle diere presies dieselfde hoeveelheid kos inneem.
In ons seleksie van die Hartebeestloop-veilingsbulle is Volwasse Massa wel in ag geneem. Dit is spesifiek gedoen om te wys dat alhoewel die Volwasse Massa binne die rasstandaard is, die bulle beter as die rasstandaard GDT gegroei het.
Kortliks, die veilingsbulle is nie grootraam, laatryp tipe diere met uitsonderlike swaar Volwasse Massas nie.
Boere moet onthou dat beeste daagliks ongeveer 2% tot 3% van hul liggaamsmassa vreet. Maak self die som oor hoeveel ekstra dit kos om grootraam, laat ryp en swaar Volwasse Massa-gewig diere aan te hou.
Tabel 3 wys die gemiddelde Volwasse Massa teelwaarde-indekse en Volwasse Massa BLUP-teelwaardes vir die Bonsmara-ras en die Hartebeestloop-veilingsbulle.
Tabel 1, 2 en 3 moet saam gelees word om te sien dat dit mediumraam bulle is, met aanvaarbare Volwasse Massas en goeie groeivermoë. Hierdie bulle is aangebied op die Hartebeestloop-veiling in 2015.
VOEROMSETVERHOUDING (VOV)
VOV is die hoeveelheid voer wat die bees moet vreet om een kilogram gewig aan te sit. Boere verstaan die ekonomiese belangrikheid van Voeromsetverhouding. Hulle gebruik dit om die mees kostedoeltreffende diere te kies.
Dit is nie die hoeveelheid kilogramme vleis wat jy aanpak wat jou wins bepaal nie – dit is om dit op die goedkoopste moontlike manier aan te pak wat jou wins bepaal.
Tabel 4 wys die gemiddelde Voeromsetverhouding teelwaarde-indekse en Voeromsetverhouding BLUP-teelwaardes vir die Bonsmara-ras en die Hartebeestloop-veilingsbulle.
Daar kan duidelik gesien word dat die Hartebeestloop-veilingsgroep baie moeite gedoen het om bulle te identifiseer wat onder moeilike toestande met kleiner hoeveelheid kos-inname, steeds genoegsame gewig sal aansit.
Hierdie is van groot waarde onder die huidige weidingstoestande wat in Namibië heers!
VELDVOEROMSETVERHOUDING (volgens Kleiber)
Veldvoeromsetverhouding is ‘n baie goeie indikasie van hoe doeltreffend diere op die veld sal presteer. In goeie boeretaal kan ons daarna verwys as die kombinasie van aanpasbaarheid en groeivermoë.
Dit is ‘n eienskap wat wel liggaamsmassa in aanmerking neem.
Navorsing het bewys dat ‘n dier se liggaamsgrootte ‘n groot invloed op sy metabolisme en dus ook op sy voedselinname en energiebehoeftes het. Uit die Kleiber-verhouding is ‘n formule ontwikkel wat die Veldvoeromsetverhouding van diere aandui.
Dit is een van die belangrikste eienskappe wat Namibiese boere moet oorweeg in die seleksie van diere om onder ekstensiewe toestande die beste te presteer.
Swak Veldvoeromsetverhouding (Kleiberindeks onder 90) word steeds deur die Namibiese Bonsmara Beestelersgenootskap as ‘n afkeurrede toegepas. Dit beteken dat ‘n dier wat wel genoegsame gewig aansit, nog steeds afgekeur sal word as die Veldvoeromsetverhouding nie goed is nie. Dit is mos wat ons verwag van ‘n aangepaste veldbees.
Tabel 5 wys die gemiddelde Kleiber teelwaarde-indekse en Kleiber BLUP-teelwaardes vir die Bonsmara-ras en die Hartebeestloop-veilingsbulle aan. Vir alle praktiese redes kan die leser die terme Kleiber Indeks en Kleiber BLUP-teelwaarde vervang met Veldvoeromsetverhouding-indeks en Veldvoeromsetverhouding BLUP-teelwaarde.
Die tabel wys weer eens dat bulle aangebied word met goeie Veldvoeromsetverhoudinge.
Die bulle behoort in kuddes by te dra tot die doeltreffende produksie van optimale hoeveelheid vleis per hektaar. Hartebeestloop, sowel as al ons veiling-gasverkopers, het baie moeite gedoen om bulle te kies wat goed aangepas is en genoegsame veldgroeivermoë het vir ekstensiewe toestande.
Daar is spesiaal opgelet dat bulle nie net op een of twee eienskappe uitskieters is nie, maar as pakket goed vaar met al vyf eienskappe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie