Bonus hou Musk dalk weg van Mars
Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk, wat groot planne het om ’n kolonie op Mars te stig, mag dalk besluit om sy voete die volgende paar jaar stewig op moederaarde te hou.
Die aandeelhouers van Tesla – die maatskappy wat Musk gestig het – se besluit om ’n vergoedingsplan waaruit hy soveel as $50 miljard oor die volgende dekade kan verdien goed te keur, behoort ’n goeie rede te wees om hier te bly.
Die ooreenkoms wat die aandeelhouers Woensdag goedgekeur het, is die grootste wat hy tot nog toe vir ’n uitvoerende hoof goedgekeur het.
Maar Musk gaan elke sent daarvan moet verdien. Hy gaan moet help om Tesla een van die grootste maatskappye ter wêreld te maak.
As hy suksesvol is, gaan dit die moeite werd wees.
Dit behoort genoeg aansporing te wees om op Tesla te fokus en te keer dat sy aandag te veel deur sy ander passies en projekte afgelei word.
“Ek verwag om in die stadium die uitvoerende hoof te bly,” het Musk in Februarie gesê.
Hy het egter nie ontken dat hy wel die pos aan ’n gepaste opvolger sal gee sou die gepaste kandidaat gevind word nie. Volgens hom sal dit hom toelaat om op “ontwerp en ingenieurswese, waarvan ek die meeste hou” te fokus.
Musk is die uitvoerende hoof van Space Exploration Technologies wat planne het om ’n kolonie op Mars te vestig. Van sy ander belange sluit die Boring Co en Neuralink, ’n maatskappy wat “breinrekenaars” ontwikkel, in.
Die nuwe vergoedingsplan vereis egter dat Musk óf uitvoerende hoof óf uitvoerende voorsitter en hoof van produkte by Tesla moet wees.
Twee raadgewers het egter gevra hoekom Musk – wat reeds ’n miljardêr is en van wie die helfte van sy fortuin in Tesla-aandele belê is – so ’n reuse-aansporing nodig het om by die maatskappy te bly.
Teikens
Vir Musk om die massiewe beloning te verdien moet Tesla sekere teikens bereik wat aan markwaarde gekoppel is.
Luidens die plan, wat deur die meerderheid aandeelhouers goedgekeur is, gaan Musk ’n 12de van die aandeelopsies wat belê is, verdien elke keer as Tesla ’n teiken bereik.
As Musk al die opsies wil verdien, moet Tesla ’n markwaarde van $650 miljard hê. Dit is meer as die van Facebook.
Tesla se inkomste gaan ook dié van Procter and Gamble, wat sowat $65 miljard in 2016 verdien het, moet oorskry. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie