Boodskap aan AU slaan ewe hard tuis
In Addis Ababa het pres. Hage Geingob drie sleutelvoorstelle gemaak oor hoe die Afrika-unie (AU) sy rol kan speel om deur middel van volhoubare ontwikkeling voorspoed na die hele vasteland te bring.
Volgens Geingob, ook tans voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), moet die AU meer vaartbelyn (met ander woorde kleiner en goedkoper), meer doeltreffend en finansieel selfstandig wees.
SADC self sukkel om sy groot administratiewe uitgawes te bekostig en ontwikkelingsprogramme vir die gebied tydig en gekoördineerd uit te voer.
Die drie kernbeginsels waarna die staatshoof verwys het, is van ewe veel belang op eie bodem – saam met die beloofde verantwoording en rekenskap wat in Namibië nog beperkte vrugte afgewerp het. Die verantwoording en rekenskap is net so belangrik binne die AU en SADC.
‘n Kleiner en goedkoper politieke struktuur vir Namibië is ‘n gesprek so oud soos die land. Net so wek die grootte en koste van ‘n meestal ondoeltreffende staatsdiens toenemende kommer.
Geingob het ook harmonisering en sinergie as oplossings vir ‘n beter AU voorgestel. Hoeveel harmonisering en sinergie sien ons in ons staatsmasjinerie se uitvoering van hul take?
Veels te min as ‘n mens in ag neem hoe lank dit sloer om enigiets gedoen te kry.
Van podiums kan leiers natuurlik praat tot hul blou in die gesig is. Vir die publiek sal daar geen verskil sonder toepassing wees nie.
So sê ander
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
’n Militêre verowering van die Gasastrook sou polities geen sin gemaak het nie.
Uiteindelik sou die twee kante tog weer oor ’n politieke oplossing moes praat.
Die onbetwisbare reg op selfverdediging moet met die ewe onbetwisbare plig tot verstandigheid gepaardgaan. Dit is iets wat baie mense, by wie emosie die rede oorheers, nie altyd besef nie.
Israel se bestaan is ’n werklikheid. Hoe gouer die militante Palestynse beweging Hamas, wat die septer in die Gasastrook swaai, hom daarby neerlê, hoe beter.
Net so kan die Palestyne in sowel die Gasastrook as aan die Wesoewer van die Jordaanrivier nie weggewens word nie. Enige langdurige oplossing moet albei hierdie werklikhede verreken.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie