Boom, bomer, boomste Namibiu00eb
Boom, bomer, boomste Namibiu00eb

Boom, bomer, boomste Namibië

Tanja Bause
Tanja Bause



In Februarie vanjaar het Intelligence Support Against Poaching (Isap) 'n boomplantprojek van stapel gestuur wat Namibië veel boomryker gaan maak.

Mnr. Fritz Kaufmann en me. Yvonne von Holz, van Isap, het met die idee vorendag gekom om kameel­doringbome te plant en so te ­verseker dié bekende Namibiese boom bly vir die toekoms behoue.

“Ons het die eerste 100 kameeldoringbome van die ministerie van landbou, water en bosbou gekoop en teen N$500 elk aan besighede verkoop. Die geld word nou gebruik om die projek verder te befonds,” sê Kaufmann.

Isap het ook 'n skenking ontvang om 'n kweekhuis op te rig.

“Ons beoog om 500 kameel­doringbome van sade te kweek, wat dan volgende jaar oraloor die land uitgeplant gaan word. Ons wil die bome aan mense skenk sodat hulle dit op enige plek van hul keuse kan uitplant. Al wat hulle moet doen, is om die GPS-koördinate aan ons te stuur sodat ons kan sien waar die bome oral geplant is.”

Isap gaan nie net kameeldoring­bome kweek nie, maar ook ander inheemse bome, wat ook uitgedeel en geplant gaan word.

“Ons kyk na bome soos die wilde dadelboom en die bastermopanie (rooshout), wat so in die Noorde afgekap word.



toergidse verkoop boompies

“Soos alle Namibiërs hou ek van braai en braai met kameeldoringhout, maar ek het nog nooit 'n ­kameeldoringboom geplant nie. Op dié manier gee ons terug aan die natuur en verseker die kameel­doringboom bly vir die volgende ­generasies behoue,” sê Kaufmann.

ATC Namibia het by Isap aan­gesluit en help met die uitplant van die bome.

Sedert 1 April stuur hulle klein ­kameeldoringboompies saam met toergidse op toere.

“Toeriste kan die boom teen N$500 koop, en die volle bedrag sal aan Isap oorhandig word. Toeriste sal dan met die hulp en ondersteuning van die toergids 'n geskikte plek vind om die boom te plant.

“Die gids sal die GPS-koördinate en naam van die boom aan Isap stuur,” lui 'n verklaring van ATC Namibia.

“Isap sal dit op hul webwerf laai en toeriste in staat sal stel om van oral in die wêreld hul bome se groei te volg.

“Die webwerf sal ander toeriste en plaaslike inwoners in staat stel om te sien waar die jong bome geplant is en moontlik kan hulle die bome in droogtetye van water voorsien om te verseker hulle oorleef.

“Die eerste boom is in Maart geplant. Nadat die toergids verduidelik het hoekom die boom saam op toer gaan, het toeriste baie meer as N$500 daarvoor betaal.

“ATC Namibia moedig alle toeragente, -operateurs en Namibiërs aan om Isap te ondersteun en 'n boom te plant.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!