Boomplantdag plant saadjie in jong harte

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee - Die Aris Grundschule suid van Windhoek sal oor ''n paar jaar met ''n nuwe voorkoms spog, te danke aan talle bome wat deur die leerlinge geplant is.

Dit is gedoen ter viering van vanjaar se nasionale boomplantdag wat verlede Vrydag plaasgevind het.

Leerlinge het die dag herdenk met ''n amptelike seremonie, sang en versnaperings nadat ''n woordvoerder van die ministerie van landbou, water en bosbou hulle toegespreek het oor die belang van bome in die omgewing.

“Bome en woude speel ''n nood­saaklike rol in die watersiklus. Dit suiwer die lug en water en reguleer ook die beskikbaarheid en gehalte van albei. Bome is baie belangrik, veral in ''n land soos Namibië wat voortdurend ''n tekort aan water het,” het die woordvoerder namens minister John Mutorwa gesê.

Die skoolhoof, mnr. Salomon Skrywer, het die ministerie bedank dat dit die skool gekies het om deel te wees van die boomplantdag-feesvieringe.

“Ek is bly ons kinders het die geleentheid gekry om die belang van woude en bome beter te verstaan. Dit is duidelik hulle het dit geniet om die bome te plant. Nou moet hulle omsien na dit wat ons vandag geplant het sodat hulle kinders ook eendag in die toekoms die skaduwee kan geniet,” het hy gesê.

Talle verskillende boomsoorte is op die skoolterrein geplant en die grond is deur die leerlinge self voorgeberei, hoewel hulle in hul opgewondenheid die gate effens té groot gegrawe het.

“Dit was baie lekker om die grond voor te berei en die bome te plant. Nou weet ek hoe en sal ek op my eie by die huis ook bome kan plant,” het Kentelicia Waterboer (9) tydens die geleentheid gesê.

Nog ''n leerling, Matia //Garoeb (7), was ewe opgewonde oor die spesiale dag. “Ek hou baie daarvan om in bome te klim, so ek is bly ek kon vandag ''n boom plant, alhoewel hulle nog te klein is om in te klim,” het hy gesê.

Vanjaar se boom van die jaar is die Sterculia africana (Afrika ster-­kastaiing). Die boom het nie net talle praktiese gebruikte nie, maar word baie wyd in Afrika vir tradisio­nele medisyne gebruik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!