Booys-appu00e9lverhoor begin Oktober
Booys-appu00e9lverhoor begin Oktober

Booys-appélverhoor begin Oktober

'n Voormalige streeksraadlid wat daarvan beskuldig word dat hy sy dogter in Januarie vanjaar op twee geleenthede verkrag het, appelleer teen die weiering van sy vrylating op brogtog.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die voormalige Okahandja streeksraadlid en parlementariër wat tereg staan op klagte van verkragting en bloedskande omdat hy na bewering sy eie dogter verkrag het, se appélverhoor sal aanstaande maand plaasvind.

Mnr. Steve (Biko) Booys het 'n appél­aansoek by die Windhoekse hoërhof ingedien teen landdros Khaepriums Swartz se uitspraak wat Booys se formele aansoek om borgtog van die hand gewys het.

Hy het Maandag met 'n nuwe verteenwoordiger, mnr. Tommy Andima, voor regter Naomi Shivute verskyn en die verhoor is vir 22 Oktober geskeduleer.

Booys beweer Swartz het sy beslissing net op hoorsê gegrond en dat daar geen bewyse is dat hy by die klaer, getuies of die ondersoek sal inmeng nie.

Staatsaanklaer Basson Lilungwe staan sy appél teen en stel dat hul nie kan bewys dat die hof verkeerdelik beslis het nie.

Booys ontken dat hy sy 20-jarige dogter by twee geleenthede in Januarie verkrag het.

Hy is op 2 Februarie in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding by Seeis-aanhoudingselle.

Oënskynlik verdoemende teks­boodskappe tussen Booys en sy dogter is tydens sy formele aansoek om borgtog as bewyse teen hom gebruik.

Die appélsaak sou verlede week begin het, maar Booys kon om logistieke redes nie in die hof verskyn nie. Hy het ook nie regsverteenwoordiging gehad nie.

Die saak is in sy afwesigheid tot vandeesweek uitgestel om Booys geleentheid te gee om verteenwoordiging te verkry.

Booys se vorige prokureur, mnr. Vernon Lutibezi, het in Julie vanjaar onttrek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!