Booys laat vaar (vir nou) appu00e8laansoek
Booys laat vaar (vir nou) appu00e8laansoek

Booys laat vaar (vir nou) appèlaansoek

Die voormalige parlementariër, mnr. Steve Booys, het sy aansoek om appèl teruggetrek teen 'n landdros se beslissing om sy formele aansoek om borgtog van die hand te wys.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die voormalige streekraadslid van Okahandja en parlementariër wat daarvan beskuldig word dat hy sy biologiese dogter verkrag het, het Vrydag sy aansoek om appèl by die hoërhof in Windhoek teruggetrek teen 'n landdros se beslissing om hom borgtog te weier.

Mnr. Steve (Biko) Booys se appèlverhoor moes Vrydag begin het, maar nie hy óf sy prokureur was in die hof teenwoordig nie.

Die staatsaanklaer, mnr. Basson Lilungwe, het regter Naomi Shivute ingelig dat Booys sy aansoek teruggetrek het.

Booys en sy regsverteenwoordiger is glo van plan om by die landdroshof op Otjiwarongo nog 'n aansoek om borgtog in te dien met nuwe feite.

Shivute het die saak van die rol geskrap.

Booys is op 3 Februarie in hegtenis geneem. Hy ontken hy het sy dogter (20) by twee geleenthede in Januarie verkrag.

Landdros Khaepriums Swartz het op 13 April Booys se formele aansoek om borgtog van die hand gewys nadat hy bevind het die moontlikheid bestaan dat Booys met die ondersoek sal inmeng en bewyse vernietig.

“Die applikant het versuim om te bewys hy sal nie by die getuies inmeng nie en dat sy vrylating in openbare belang of in die belang van regspleging sou wees en daarom is hierdie aansoek van die hand gewys,” het Swartz in sy uitspraak gesê.

Booys staan tereg op twee klagte van verkragting en twee van bloedskande. Die staat voer aan hy het sy dogter op 16 Januarie en 17 Januarie vanjaar by sy huis op Okahandja verkrag.



'ONS WAS AL TWEE DRONK'

Sy dogter beweer hy het haar verkrag nadat hy haar dronk gemaak het.

Die staat het tydens Booys se formele aansoek om borgtog beweerde selfoonboodskappe as bewyse by die hof ingedien.

Twee van die boodskappe wat hy na bewering aan sy dogter gestuur het, lui: “Ons was al twee dronk en dalk het ons 'n fout gemaak . . .” en “Jy gaan my lewe en loopbaan hiermee vernietig.”

Staatsgetuies sluit in die beskuldigde se huishulp, ma, suster en die dogter as klaer.

Booys bly by die Seeis-aanhoudingselle in aanhouding.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!