Borans se nasionale veiling 'n groot sukses
Altesaam 38 van die 43 bulle en vroulike diere wat tydens die 5de nasionale Boranveiling in Windhoek onder die hamer gekom het, is verkoop.
Die veiling het op 30 Oktober plaasgevind.
'n Gemiddelde prys van N$41 188 is vir die bulle betaal, met die duurste bul wat vir N$63 000 aan mnr. Kiep Lepen verkoop is. Dié bul, EG1572, kom uit die Adelson Boran-stoet by Dordabis. Dié stoet behoort aan mnr. Jacques Strauss en sy vrou, Ellenie.
Sestien van die 18 bulle op die veiling is verkoop.
Verse het 'n gemiddelde prys van N$20 000 behaal, met N$29 000 as hoogste prys. Net een van die 18 verse is nie verkoop nie.
Daarmee saam het dragtige koeie 'n gemiddelde prys van N$21 500 behaal, met N$26 000 as hoogste prys. Die ander koeie is vir gemiddeld N$17 167 van die hand gesit.
Die hoogste prys wat vir 'n niedragtige koei betaal is, was N$26 000.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie