Borg steun blasers
Die Namibiese Rugbyskeidsregtersvereniging werk deurlopend om sy identiteit en die diens aan sy “kliënte” (rugbyspanne) op 'n professionele wyse uit te bou. So het die vereniging se voorsitter, mnr. William Steenkamp, gesê by die onlangse aankondiging van BUCO Namibia se borgskap vir die komende drie jaar aan die skeidsregtersvereniging. BUCO sal vanaf hierdie seisoen tot in 2023 die klerasie vir die fluitjieblasers verskaf, wat deur XCO as die vervaardiger verskaf word. Steenkamp het gesê die vereniging sal binnekort die aanstelling van een van Suid-Afrika se voormalige toets- en Wêreldbeker-skeidsregters aankondig, wat die taak as opleier van Namibiese skeidsregters sal opneem. Steenkamp het ook gesê mnr. Stefan Kellerman sou gister na Harare vertrek om vandag die vriendskaplike toets tussen Zimbabwe en Zambië te hanteer. Van links staan mnre. Anthonie de Greeff (skeidsregter), William Steenkamp, Christo Bronkhorst (XCO), Jurgen Steytler (BUCO) en Ngatatue Mate (skeidsregter). Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie