Borgtog vir dronkbestuur nou N$8 000
Borgtog vir dronkbestuur nou N$8 000

Borgtog vir dronkbestuur nou N$8 000

Die borgtog vir 'n Namibiese burger wat vir dronk­bestuur in hegtenis geneem word, is nou N$8 000.

Buitelanders sal N$9 000 opdok. Borgtog vir enige ander verkeersoortreding is N$4 000.

Hierdie wysiging is op 12 Desember deur die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, aangekondig.

Hy sê ná 'n konsultasie met die aanklaer-generaal en die hooflanddros is op 'n standaardborgtogbedrag vir dronkbestuur en ander oortredinge van verkeersregulasies besluit. As die polisie borgtog teenstaan, moet 'n amptelike aansoek steeds by die howe ingedien word.

Ndeitunga het sy amptenare opdrag gegee om te verseker alle polisiebevelvoerders, handhawers van verkeerswetgewing en polisiebeamptes is deegliks bewus van die bepalings en pas dit toe.

Oor die naweek is ­minstens sewe mense vir dronk­bestuur aan die kus in hegtenis geneem.

Volgens sers. Ileni Shapumba is vier mense Saterdagaand op Walvisbaai vasgestrek, asook twee op Swakopmund en een op Karibib.

Die borgtog van N$8 000 vir Namibiese burgers en N$9 000 vir buitelanders is toegepas, het hy gesê.

Volgens Shapumba is daar ook 'n toename in vervalde, vervalsde of verkeerde lisensieskyfies op voertuie. “Dit is 'n ernstige oortreding waarvoor 'n bestuurder in hegtenis geneem kan word en vir tot 48 uur in die tronk kan sit voordat hy of sy in die hof verskyn,” het hy gewaarsku.

Tot dusver vanjaar is 22 mense in die Swakopmund-omgewing en een naby Karibib vir dié oortredings vasgetrek, het Shapumba gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!