Borgtog vir twee valutahandelaars

Die beskuldigdes het glo meer as N$17 miljoen van lede van die publiek ontvang sonder magti­ging van die wet op bankinstellings.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die man wat in die sosiale media verklaar hy het eens in 'n garage geslaap, maar benodig nou 'n groter garage vir al sy speelgoed, mnr. Michael Amushelelo, is vir eers 'n vry man.

Op die foto op Facebook met dié onder­skrif verskyn 'n Duitse spogmotor – een van vele wat hy glo besit – voor 'n ruim dubbeldeurmotorhuis.

“Enigiets is moontlik, mense. Moenie laat enigiemand sê jy kan nie die lewe lei waarvan jy droom nie,” lui die onderskrif verder.

Dié blad het teen gisteroggend meer as 45 000 volgelinge gehad.

Hy en sy mede- buitelandsevalutahandelaar, mnr. Gregory Cloete, het Maandag in die Windhoek-landdroshof op vier klagte verskyn.

Die mans – albei 28 jaar oud – het glo meer as N$17 miljoen van lede van die publiek ontvang sonder magtiging van die wet op bankinstellings.

Hulle staan tereg op aanklagte van die wederregtelike handeling as bank, die ongemagtigde ontvangs van ­beleggings, geldwassery en die gebruik of besit van eiendom wat spruit uit ­onwettige bedrywighede.

Landdros Ivan Gawanab het die saak tot 14 April volgende jaar uitgestel.

Die mans se borgtog van N$35 000 elk is onderworpe daaraan dat hulle nie die Windhoek-distrik sonder verlof mag verlaat nie.

Daarnaas moes hulle al hul reis­dokumente indien en moet hulle drie keer per week by die polisie in die hoofstad aanmeld.

Die hof het voorts gelas die mans mag nie met staatsgetuies inmeng nie.

Hulle is verlede Donderdag in ­hegtenis geneem.

Tydens Maandag se hofverskyning het 'n skare ondersteuners en nuuskieriges by die hof saamgedrom.

Leiers van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR), mnr. Dimbulukeni Nauyoma, wat self vroeër die dag in 'n ander hof op ­onverwante klagte verskyn het, en mnr. George Kambala, was ook by die hof.

Adj.komm. Abner Agas, koördineer­der van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, het nie gister op vrae gereageer oor die moontlikheid van nog verdagtes in die polisie se visier nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!