Boris Johnson gee VSA-burgerskap op
Boris Johnson, Britse minister van buitelandse sake, het afstand gedoen van sy Amerikaanse burgerskap.
Johnson was een van 'n rekord aantal mense wat volgens die Amerikaanse tesourie in laat 2016 hul burgerskap opgegee het. Johnson, oudburgemeester van Londen wat van die grootste kampvegters vir die Brexit-veldtog was, het dubbele nasionaliteit gehad. Hy is in New York gebore, sy ouers het daar gewerk, maar hy bly sedert hy vyf jaar oud is nie meer in Amerika nie.
Volgens The Guardian het Johnson waarskynlik sy burgerskap opgegee omdat hy ongelukkig was oor die Amerikaanse inkomstediens wat hom belas het op die wins wat hy gemaak het toe hy sy huis in Islington, Londen, verkoop het. Hy het dit as “absoluut belaglik” afgemaak. Die uitstaande belasting het glo US$50 000 beloop en hy het dit blykbaar betaal.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie