Boris Johnson wil ‘woema’ gee
Dié voormalige burgemeester van Londen wat lankal reeds daarna streef om sy land te lei, het 66% van die stemme op hom verenig.
“Hy gaan fantasties wees!”
Met dié woorde het pres. Donald Trump van die VSA skaars ’n halfuur nadat hy as nuwe premier van Brittanje aangewys is vir Boris Johnson op Twitter gelukgewens, berig die BBC.
Dié voormalige burgemeester van Londen wat lankal reeds daarna streef om sy land te lei, het 66% van die stemme op hom verenig – 92 153, teenoor die minister van buitelandse sake, Jeremy Hunt, se 46 656, berig The Guardian.
In sy oorwinningstoespraak het Johnson gesê die mantra van sy leiersveldtog was om “Brexit ’n werklikheid te maak, die land te verenig en Jeremy Corbyn (leier van die Arbeidersparty) te verslaan”.
“Ons gaan die land woema gee.”
Hy het by die Queen Elizabeth II-sentrum in Londen gesê Brexit gaan op 31 Oktober ’n werklikheid word “en ons gaan al die nuwe geleenthede wat dit bring met ’n nuwe uitkyk van ons kant tot ons voordeel gebruik”.
“Ons gaan weer in onsself glo en soos ’n soort sluimerende reus gaan ons verrys en die toue van selftwyfel en negatiwiteit afvee,” het Johnson volgens Reuters gesê.
Die 55-jarige Johnson het sy voorganger, Theresa May, bedank en gesê dit “was ’n voorreg om in haar kabinet te dien”, berig die BBC.
Hy was May se minister van buitelandse sake voordat hy oor Brexit bedank het.
May het haar opvolger gelukgewens en belowe dat sy haar “volle steun van die agterbanke af” aan hom sal gee.
HUNT IS ‘BAIE TELEURGESTELD’
Volgens The Guardian sal Johnson nie voor Woensdagmiddag sy pos formeel kan aanvaar nie.
May sal vir die laaste keer as premier vrae in die laerhuis beantwoord voordat sy haar bedanking aan die koningin voorlê.
Johnson sal Buckingham-paleis toe gaan waar die koningin sy aanstelling sal bekragtig, waarna hy na Downingstraat gebring sal word om ’n toespraak voor die swart deur van nommer 10 te hou.
In sy kommentaar het Hunt gesê hy is “baie teleurgesteld”, maar Johnson “sal die werk baie goed doen”.
Hy het gesê hy het “algehele, onwankelbare vertroue in ons land” en beskou dit as ’n waardevolle eienskap op so ’n uitdagende tyd, berig die BBC.
“Dit was nog altyd opdraand vir ons, omdat ek een was wat ‘bly’ gestem het en ek dink baie lede van die party het gevoel dit is die oomblik waar jy net iemand moet hê wat vir Brexit in die referendum gestem het.
“Terugskouend was dit die hekkie wat ons nooit kon oorkom nie,” het hy volgens die BBC gesê.
Die minister van internasionale ontwikkeling, Rory Stewart, het bevestig dat hy na die agterbanke terugkeer en dat hy meer tyd daaraan sal bestee om “Cumbria te dien” en “te loop”.
Die minister van onderwys, Anne Milton, het haar bedanking ’n halfuur voor die leierskap-uitslag bekend gemaak en daarop aangedring dat die VK “die EU op ’n verantwoordelike manier moet verlaat”.
Corbyn het getwiet Johnson het die steun van minder as 100 000 nie-verteenwoordigende Konserwatiewe Party-lede gewen, “maar hy het nie die steun van ons land nie”. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie