Boris kry sy algemene verkiesing
Boris kry sy algemene verkiesing

Boris kry sy algemene verkiesing

Vir die eerste keer sedert 1923 gaan die Britte ’n verkiesing in die Kerstyd hou.
Brittanje sal vir die eerste keer in byna ’n eeu ’n algemene verkiesing in Desember hou, nadat die parlement Boris Johnson, Britse premier, se verkiesingsdatum van 12 Desember goedgekeur het.

Die parlement het hierdie besluit geneem nadat die Europese Unie (EU) ingestem het om Brexit tot 31 Januarie 2020 uit te stel.

Brittanje moes die EU aanvanklik op 29 Maart 2019 verlaat, maar die sperdatum is tot 31 Oktober verleng omdat die EU en Brittanje nie tot ’n vergelyk kan kom oor die voorwaardes van die egskeiding nie.

Johnson, wat telkemale beloof het dat hy Brittanje op 31 Oktober met of sonder ’n Brexit-ooreenkoms uit die EU sal neem, het uiteindelik Dinsdagaand ’n oorwinning in die parlement gehad, nadat die laerhuis tot ’n algemene verkiesing ingestem het.

Johnson het vroeër bloedneus in die laerhuis gekry toe LP’s sy Brexit-ooreenkoms afgekeur het.

“TYD OM TE VERENIG”

Dié keer het LP’s egter sy Brexit-plan aanvaar, maar hulle het ’n probleem met sy tydrooster gehad oor wanneer die plan geïmplementeer gaan word.

Johnson het dus ’n algemene verkiesing vir 12 Desember voorgestel.

Sy plan vir ’n vroeë verkiesing is met 439 ja- teenoor 20 nee-stemme in die laerhuis aanvaar, waarna dit na die Britse hoërhuis vir goedkeuring gestuur is.

“Dit is tyd om die land te verenig en Brexit deur te stoot,” het Johnson ná sy oorwinning in die parlement gesê, terwyl lede van sy Konserwatiewe Party kom luidkeels aangemoedig het.

Hy het voor die stemmery gesê die parlement kortwiek Brexit wat die ekonomie skade berokken.

Dít is die eerste keer sedert 1923 dat die Britte ’n verkiesing in die Kerstyd gaan hou.

Indien nie een van die partye oortuigend wen nie, sal die Brexit-dooiepunt waarin Brittanje vasgekeer is, voortsleep. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!