Boris maak nou al planne vir u2019n verkiesing in 2020
Boris maak nou al planne vir u2019n verkiesing in 2020

Boris maak nou al planne vir ’n verkiesing in 2020

Boris Johnson se span wil teen middel volgende jaar ’n algemene verkiesing hou en het reeds begin geld insamel om meer personeellede aan te stel en die Konserwatiewe Party daarop voor te berei, het Times gister berig.

Dié voormalige burgemeester van Londen is in dié stadium die gunsteling-kandidaat as Britse premier.

Die uitslag van die stryd tussen Johnson en Jeremy Hunt, minister van buitelandse sake, om die pos word Dinsdag bekend gemaak.

Johnson sê dit sal absoluut onnosel wees om ’n verkiesing te hou voordat Brittanje uit die Europese Unie (EU) tree. Hy is vasbeslote dat Brittanje die EU op 31 Oktober met of sonder ’n ooreenkoms verlaat.

Volgens Times is sy span van plan om meer geld aan die party se hoofkantoor te bestee om dit op ’n gereedheidsgrondslag vir die verkiesing te plaas.

“Daar is ’n behoefte om dit te doen terwyl (die opposisieleier, Jeremy) Corbyn nog op die toneel is,” het een van Johnson se spanlede volgens Times gesê.

“Die Arbeiders is heeltemal verdeeld; Brexit maak hulle dood. Die Arbeiders is nie in staat om ’n algemene verkiesing te betwis nie.”

’n Koalisie van Britse nywerheidsgroepe en onderwysliggame het intussen ’n beroep gedoen op wie ook al Theresa May as premier opvolg, om die voorgestelde hervorming van die immigrasiestelsel te verslap.

Hulle vrees dat Brexit tot arbeidstekorte en ’n vermindering van vaardighede kan lei.

Die sameroepers van die #FullStrength-veldtog sê hulle het Johnson en Hunt gevra om die salarisperk in die konsep-immigrasiewetgewing van £30 000 tot £20 000 te verlaag.

Brittanje het in Desember in ’n beleidsverslag sy omvattendste hervorming van die immigrasiebeleid in dekades uiteengesit.

Dit sluit in dat burgers van die Europese Unie nie meer voorkeurbehandeling kry nie.

Kommer oor die maatskaplike en ekonomiese invloed van immigrasie was een van die dryfvere wat die Britte in 2016 laat stem het om die Europese Unie te verlaat.

#FullStrength verteenwoordig duisende ondernemings met miljoene Britse werknemers.

In hul gesamentlike brief sê hulle dat 60% van alle poste in Brittanje onder die salariskerf van £30 000 per jaar val.

Die vereiste kan te streng wees vir noodsaaklike dienste soos gesondheidsorg en maatskaplike sorg.

Die koalisie vra ook dat die regering tydelike werkvisums vir buitelandse werkers van ’n jaar tot twee jaar verleng en die model van borgskappe wysig om dit vir klein en groot ondernemings makliker te maak om die oorsese kundiges te werf wat hulle nodig het.

Hulle vra ook dat die nagraadse visum vir internasionale studente heringestel word.

“Soos wat Brittanje gereed maak om die EU binnekort te verlaat, is dit noodsaaklik dat die regering maatreëls instel om te keer dat werkgewers uitgelewer is wat werwing betref en dat daar gewerk kan word om ’n suksesvolle ekonomie te laat groei wat oop en aantreklik is.” – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!