Borman tel dae af
Borman tel dae af

Borman tel dae af

Liggaamsbou
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Alethea Borman van Swakopmund is gereed om binnekort die wêreld in Frankryk te verower waar sy aan die 2017 Internasionale Federasie vir Liggaamsbou en Fiksheid (IFBB) Wêreldkampioenskappe gaan deelneem.

Die 38-jarige Borman is die eerste Namibiër in die geskiedenis wat dit kon regkry om vir die gesogte internasionale kompetisie te kwalifiseer wat vanaf 1 tot 4 Desember in Biarritz aangebied word. Slegs die wêreld se voorste fiksheidentoesiaste sal by die spoggeleentheid gesien word waar atlete om 'n totaal van 80 000 euro sal meeding.

Die kampioenskappe word deur die Franse vereniging vir liggaamsbou en fiksheid aangebied en sal een van die belangrikste internasionale geleenthede van die jaar wees.

Behalwe om die mees gesogte en glorieryke titel as Wêreldkampioen in Biarritz te verower, is dit ook die laaste kompetisie vir die 2017 Elite Ranking-reeks. Afdelings waarin deelnemers hul posisies kan verstewig, is "Bikini and Body Fitness" waar hulle onder die voorste tien kan eindig.

Borman is die maatskappysekretaresse by die Husabmyn. Sy is getroud en het drie kinders.

Borman het vroeër vanjaar die eerste Namibiër geword wat ‘n eerste plek by die die IFBB Westelike Provinsie-kampioenskappe kon opraap en sodoende vir die geleentheid in Biarritz kwalifiseer.

“Ek is baie trots op my prestasie, want ek is die eerste Namibiër wat dit kon vermag! Ek wil baie graag in Frankryk gaan deelneem, nie omdat ek kon kwalifiseer nie, maar omrede ek weet ek kan die kampioenskap wen,” skryf Borman op haar Facebookblad, Alethea Borman IFBB Athlete.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer