• Tuisblad
  • Afrika
  • Born Free kla omdat Botswana weer olifantjag oorweeg
Born Free kla omdat Botswana weer olifantjag oorweeg
Born Free kla omdat Botswana weer olifantjag oorweeg

Born Free kla omdat Botswana weer olifantjag oorweeg

Born Free sê Afrika se olifante is in ernstige moeilikheid.
Elise Tempelhoff



Die bewaringsorganisasie Born Free het Maandag sy “uiterste kommer” uitgespreek omdat Botswana dit oorweeg om die moratorium op die jag van olifante op te hef.

Born Free het die naweek in 'n verklaring gesê die organisasie het met “skok” verneem Botswana se parle­ment bespreek 'n mosie oor die moont­like opheffing van dié jag­verbod. Born Free sê Afrika se ­olifante is in ernstige moeilikheid.

“Daar is na raming net sowat 420 000 olifante in Afrika oor vergeleke met 1,3 miljoen 'n paar dekades gelede. Stropery vir hul ivoor, habitat­verlies, konflik met mense en trofeejag het daartoe bygedra dat die diere se bevolkingsgetalle so drasties geval het.”

Botswana is die tuiste van meer as 'n derde (sowat 140 000) van Afrika se oorblywende Afrika-olifante.

Terwyl baie van Botswana se bure (waaronder Suid-Afrika en ­Zimbabwe) trofeejag ondersteun en ook wil toesien dat die ­internasionale handel in ivoor oopgestel word, het dié land se regering in 2014 'n verbod op die jag van olifante geplaas.



VORIGE REGERING

Born Free sê die vorige regering in Botswana het 'n vars en unieke aanslag tot olifantbewaring gehad. Die nuwe regering, wat in April aan die bewind gekom het, wil alles nou ongedaan maak, sê Will Travers, ­direkteur en stigter van Born Free.

“Trofeejag is nie 'n doeltreffende manier om olifantgetalle te beheer of om 'n inkomste vir arm gemeen­skappe te verseker nie.

“As die jagverbod opgehef word, sal ryk Westerlinge na Botswana stroom met nét teen doel voor oë – om 'n olifant te jag om die dier se kop aan sy muur te hang.

“Die jag van olifante veroorsaak ­geweldige trauma, nie net vir die ­geteikende dier nie, maar ook vir die families en olifanttroppe. Dit het 'n vernietigende invloed op die stabiliteit van olifantgroepe. Op sy beurt sal dit lei tot konflik tussen mense en olifanttroppe.

“'n Terugkeer tot trofeejag sal net 'n klein groepie mense bevoordeel, terwyl dit Botswana se ­welverdiende beeld as die bewaarder van olifante en biodiversiteit ernstig sal benadeel.

“Ons doen 'n beroep op Botswana om die mosie vir die hervatting van die trofeejag van olifante te verwerp.”

Travers sê “gelukkig” het die regering van Botswana aangedui die finale besluit sal eers geneem word nadat met alle geraakte ­gemeenskappe ­gekonsulteer is.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!