Borskanker - die belangrikheid van vroeë opsporing

Jacqueline Louw
Dié inligting is saamgestel deur professor Justus Apffelstaedt, medeprofessor aan die Universiteit Stellenbosch en hoof van die borskankerkliniek by die Tygerberg-hospitaal in Suid-Afrika.
Borskanker is die mees algemene vrouekanker in die wêreld en dit geld ook vir Suid-Afrika. Oorsee het vroeë diagnose en effektiewe behandeling daartoe gelei dat borskanker van die mees gevreesde siekte, wat omtrent die helfte van vroue wat daaraan lei se dood veroorsaak het, verander het tot ’n siekte wat suksesvol behandel kan word met uitstekende vooruitsigte vir langtermynoorlewing.
Om die belangrikheid van vroeë opsporing te verstaan is dit essensieel om te weet presies wat borskanker is.
Borskanker is ’n ongekontroleerde groei van selle in die borsklier wat die vermoë het om na ander dele van die liggaam via die bloedstroom of die limfstelsel te versprei. Die belangrikste aspek om te verstaan is egter dat voorloper letsels van borskanker vir so lank as 10 tot 15 jaar voordat ’n kanker ontwikkel in die bors teenwoordig kan wees.
Sodra borskanker gevestig is, sal dit vir twee of drie jaar slegs waarneembaar wees deur mammografie. Selfs spesialiste en ’n vrou self sal nie in staat wees om enig­iets deur borsondersoeke waar te neem nie. Behandeling in hierdie stadium is genesend in die meeste gevalle, maar as dit egter in ’n knop ontwikkel wat waarneembaar is deur die pasiënt self of deur ’n fisieke ondersoek deur ’n dokter, is die groei baie vining en die behandeling sal intensief moet wees. Die kanse op genesing neem drasties af.

Borsgesondheid-bestuursprogram
Vroue, van so jonk as 20, behoort ’n borsgesondheid-bestuurprogram te hê om die beste moontlikheid vir vroeë opsporing te verseker. Terwyl daar nie voorkoming van borskanker bestaan nie, is dit meer waarskynlik om in vroue voor te kom wat:
• ’n Familiegeskiedenis van borskanker het
• Geen kinders gehad het nie of wat kinders laat gekry het (bo 25 jaar)
• Nie geborsvoed het nie
• ’n Vroeë eerste menstruasie gehad het en ’n laat menopouse
• Alkohol misbruik
• ’n Onaktiewe lewenswyse het
• Oorgewig is
• Op hormoonvervangingsterapie is
Vroue vanaf die ouderdom van 20 tot 39 behoort hulle familiegeskiedenis van borskanker te ken, ’n kliniese borsondersoek elke drie jaar deur ’n professionele gesondheid­sorgkundige te skeduleer en selfondersoeke maandeliks te doen. Vroue oor 40 behoort kennis te neem van die nuutste vooruitgang in borskankerbehandelings en -tegnologieë; behoort ’n jaarlikse mammogram te laat doen; te reël vir ’n kliniese borsondersoek elke jaar en moet selfondersoeke maandeliks doen.
’n Drie-stap benadering tot borsgesondheid is nodig en dit sluit in:
1. Borsselfondersoek: Ondersoek jou borste een week nadat jou maandstonde geëindig het. Dit is maklik om te doen en neem slegs ’n paar minute. Op hierdie manier sal jy enige verandering in jou borste makliker kan ­waarneem.
2. Kliniese borsondersoek: ’n Borsgesondheidskundige sal jou borste ondersoek en kan ook ’n behoorlike tegniek vir borsselfondersoeke demonstreer.
3. Mammografie: ’n Mammogram is ’n lae dosis X-straal van jou borste, dit kan vele borsveranderings waarneem wat te klein of te diep is om te voel. Dit is die belangrikste aspek om kanse van vroeë opsporing te verhoog.

Wat is die ­simptome?
Jy behoort uit te kyk vir die volgende simptome gedurende jou borsgesondheids-bestuursregime:
• Knoppe van enige grootte of verdikking van die borsweefsel
• Veranderings in die vorm van die bors of aanhoudende ongerief
• ’n Afskeiding uit die tepel wat nie met swang­erskap of borsvoeding geassosieer kan word nie
Dit is belangrik om te verstaan dat ’n knop nie noodwendig beteken dat jy kanker het nie. Goedaardige knoppe kom algemeen in jong vroue voor, maar indien ’n knop gevind word, moet ’n naaldbiopsie gedoen word om die moontlikheid van kanker in vroue onder 35 uit te sluit. Vir vroue ouer as 35 sal ’n mammogram, ultraklanktoets en ’n naaldbiopsie gedoen word.

Vroeë opsporing red lewens
Die meeste internasionale kankerverenigings beveel jaarlikse mammogramsifting aan as die beste metode om borskanker vroeg op te spoor.
Vroeë opsporing kan die kanse vir oorlewing grootliks verhoog en terselfdertyd die nodigheid van ’n mastektomie as behandeling verminder. Om goeie borskankergesondheid­sorg toe te pas kan kanse op vroeë opsporing grootliks verbeter, wat terselfdertyd die langtermynvooruitsigte op oorlewing van pasiënte verbeter.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!