Borsmelkbank soek melk
Henriette Lamprecht
Die Namibiese Borsmelkbank (NBMB) het meer ma's nodig om tot die sukses van hierdie reddingsboei vir vroeggebore babas by te dra.
Die bank is vroeër ruim deur die Ohlthaver & List (O&L)-groep met onder meer bedryfs- en administratiewe koste ondersteun en wat huur, laboratoriumkostes, sowel as uitgawes by die versameling, berging, pasteurisering en verspreiding van die melk ingesluit het.
Die borgskap waarvoor suster Birgit Mayer van die bank haar dank uitgespreek het, het onlangs ten einde geloop en nuwe finansiering is nodig om tot die sukses van die NBMB by te dra.
“Ons is O&L innig en altyd dankbaar vir hul borgskap; sonder hulle sou ons nie kon gedoen het wat ons het nie,” beklemtoon Mayer.
Volgens haar word die melk gebruik om vroeggebore babas te voed waar die ma nie genoeg borsmelk op haar eie kan voorsien nie.
Natuurlike borsmelk is gesonder vir babas as formulemelk en dra beduidend tot hul fisieke en geestelike ontwikkeling by.
Vroeggebore babas wat 1,5 kg of minder weeg, is meer geneig tot infeksies en word meer beskerm wanneer hulle borsmelk ontvang.
Die NBMB het in April 2018 geopen toe die pasteurisasie van borsmelk begin het en die eerste drie vroeggebore babas gevoed is met borsmelk wat deur ma's geskenk is.
Om as ontvanger van dié borsmelk te kwalifiseer, moet 'n baba 1,5 kg of minder weeg en moet sy of haar ma nie daartoe in staat wees om self borsmelk te voorsien nie. Vir meer inligting oor die borsmelkbank en om as skenker te kan optree, kan suster Mayer by 081 129 2641 gekontak word, of besoek die webwerf www.nbmb.com.na vir meer inligting.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie