Borsmelkbank vra skenkings
Die Namibiese Borsmelkbank versoek ma's om as borsmelkskenkers te registreer om die groeiende aantal geregistreerde babas te help voed.
Die voorsiening van borsmelk bly 'n reuse-uitdaging vir die Namibiese Borsmelkbank (NBMB).
Meer ma's is nodig om te registreer as skenkers van borsmelk om die groeiende aantal geregistreerde babas te voed.
Volgens die NBMB se woordvoerder, sr. Birgit Mayer, is meer as 100 babas sedert die opening van die NBMB in 2018 reeds gevoed, maar het die bank eenvoudig nie genoeg borsmelk om meer babas te kan help nie.
“Hoewel ons 'n paar gereelde skenkers het, het ons meer ma's nodig om tot die sukses van die bank by te dra. Ons het meer borsmelk nodig en is ongelooflik dankbaar vir dié ma's wat ons sedert die opening van die bank ondersteun. NBMB het reeds 'n merkwaardige bydrae tot die algemene welstand van al die babas gelewer en sodoende ook in Namibië en in ons toekomstige leiers belê,” het Mayer gesê.
Me. Rouche Locke, groepbestuurder vir korporatiewe kommunikasie van die Ohlthaver & List (O&L)-groep, 'n ondersteuner van die NBMB, het op haar beurt gesê die groep ondersteun die bank met bedryfs- en administratiewe koste.
Sy het 'n beroep op ander maatskappye gedoen om die NBMB te ondersteun om te verseker “ons babas en toekomstige leiers” word in hul mees weerlose tyd versorg.
“Die projek ondersteun ons doel om 'n toekoms te skep en 'n lewe te verbeter en ook ons visie om 'n katalisator vir verandering te wees,” het sy gesê.
Volgens Mayer is die span by die NBMB tevrede met die vooruitgang, maar is daar steeds ruimte vir verbetering.
“Ons het meer werksruimte nodig. Die reaksie van die publiek het sedert die amptelike opening verbeter en meer ma's kom na vore om ekstra borsmelk te skenk. Meer mense is ook van die bank en sy doel bewus,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie