Bosbrande onder beheer
Portugal
Die groot bosbrande wat sedert die naweek in Portugal woed, en waarin reeds meer as 60 mense dood is, is gister onder beheer gebring, het die burgerlike beskermingsagentskap gesê.
Die reusebrand het aanvanklik in die Pedrogao Grande uitgebreek en vinnig na nabygeleë gebiede insluitende Gois, Pampilhosa da Serra en Arganil versprei.
Die brand in Pedrogao Grande het 30 000 hektaar se woude verwoes en is laat Woensdag deur brandweerspanne onder beheer gebring wat in versengende hitte moes werk terwyl winde vinnig van rigting verander het.
“Hoër humiditeitsvlakke en laer temperature het brandweermanne gehelp om die brand onder beheer te bring,” het Antonio Ribeiro, wat die Pedrogao-operasies gelei het, gister gesê.
Die brand in Gois, die tweede grootste naas dié in Pedrogao Grande, is gister onder beheer gebring, het Carlos Tavares, van die burgerlike beskermingsoperasies gesê. Hy het egter die vrees uitgespreek dat van die brande opnuut kan opvlam. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie