Boshoff wen byeenkoms 1
Boshoff wen byeenkoms 1

Boshoff wen byeenkoms 1

Resiesduiwe
Tielman van Lill
Die Grootfontein-duiweklub het laasnaweek sy eerste wedvlugkompetisie vir die 2021-seisoen oor 200 kilometer vanaf Otjinene in die Omahekestreek na Grootfontein en Tsumeb aangebied.

Die duiwe het ’n stewige koue suidewind van agter gehad en kon lekker vinnig vlieg. Die wenner het teen 1 419 meter per minuut laat waai, wat ’n rapsie meer as 85 kilometer per uur is. Teen dié snelheid het die wenner slegs 2 ure 35 minute nodig gehad om die afstand na Grootfontein af te blits.

Hennie Boshoff het in die ope- en jaaroudafdeling met sy pronkstukke koning gekraai. In die ope-afdeling het hy vir Chris Louw in die tweede posisie laat eindig, terwyl Boshoff ook die derde posie ingepalm het.

Die uitslae:

Ope-afdeling: Hennie Boshoff 1ste, 3de, 6de, 8ste, 9de, 10de en 12de. Chris Louw 2de. Len Grundeling 4de, 5de en 7de. Quinton van Wyk 11de en 13de. Stef van der Merwe 14de en 15de.

Jaaroud-afdeling: Boshoff 1ste, 4de, 6de, 7de, 8ste en 12de. Grundeling 2de. Van Wyk 3de, 5de, 9de, 10de en 11de. S. van der Merwe 13de. Wessel Thomas 14de. Chris Louw 15de.

Die Grootfontein-duiweklub sê: “Die volgende wedvlug komende Saterdag is weer vanaf Otjinene na Grootfontein en Tsumeb. Volgens die weerkantoor lyk dit of daar ’n verandering in die weerpatrone kan wees en die windrigting sal dan verander. Kom ons hoop dis ’n lekker wedvlug en sterkte aan die duiwe en duiweboere.”

FOTO

Hennie Boshoff se pronkstuk wat verlede naweek die ope afdeling teen 91 km/h gewen het. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!