Botha en Kestrels seëvier in Sages
Gholf
Die jaarlikse FNB Intertak Sages-toernooi, waaraan meer as 90 spelers deelgeneem het, het Vrydag ná twee dae se spel by die Rössmund gholfklub tot ’n einde gekom en is met ’n galadinee en prysuitdeling afgesluit.
Mnr. Brian Kandanga, streek vir verkope en diens by FNB Namibia, het die goeie gees van die spelers verwelkom en vir hul besonderse kameraderie geprys en die gaste van FNB se voortgesette ondersteuning van die gewilde senior toernooi verseker.
Dié borg wat reeds vir ’n hele paar jaar betrokke is, het vanjaar N$40 000 in die kompetisie belê.
Die uittredende president van Sages Namibië, mnr. Arthur Samuelson van Windhoek Gholfklub, het al die rolspelers vir hul bydrae bedank en die leisels aan mnr. Johan Arangies, die nuut verkose president, oorhandig.
Arangies van die Tsumeb Golfklub wat vir die volgende twee jaar in die presidentstoel sal wees, het FNB, Dolphin Apteek, E. Hardbuild Centre, LR Parts en Plantech Engineering vir hul borgskap bedank. Arangies het gesê hy sien uit na sy dienstermyn en het al die Sages-spelers aangemoedig om saam te staan om gholf in Namibië te bevorder.
Sages Namibië dra jaarliks tot die koffers van die Namibiese Kankervereniging by en vanjaar het die kustak besluit om weer ’n Pienk Kruiwa-uitdaging te hou. Hiermee is N$9 000 ingesamel en Arangies is as die wenner van die kompetisie aangewys. Die organiseerders bedank elkeen wat tot hierdie edele saak bygedra het.
Die naweek se uitslae:
Spankompetisie: 1. Kestrels RGK (Tony Boesch, Athol McLean, Mark Jacobs, Achmet Abrahams) met 440 punte. 2. Coastal Seniors met 425. 3. Coral Cobras van WGK met 413.
Algehele individuele wenners: A-afdeling, Tim Botha van Rössmund met 148 punte. George Gariseb en Navin Morar van die WGK het onderskeidelik die B- en C-afdeling met 143 en 127 gewen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie