Bothma vaar beste met kunsaas in 2016
Hengel
Die Namibiese Kunsaashengelvereniging (NALAA) het sy eerste ligakompetisie vir die jaar onlangs by Hardapdam naby Mariental aangebied.
Die toestande vir hengel was nie maklik nie, vanweë die massiewe invloei van water tydens die reënseisoen.
Die topdrie hengelaars vir die dag was CP Bothma (eerste), Jaco Visser (tweede) en Strijs Coertzen.
Die beheerliggaam het ook sy algemene jaarvergadering en prysoorhandiging vir 2016 afgehandel. CP Bothma is as hengelaar van die jaar vir 2016 vereer en het 'n splinternuwe wisseltrofee geborg deur Taxidermy Studio ontvang.
Die nuwe uitvoerende komitee van NALAA wat verkies is, is Trevor Torr (voorsitter), Francois Wahl (ondervoorsitter), Clyde Bacon (sekretaris), me. Birte Lund (tesourier), Mauro Rosa (weegmeester), CP Bothma (ontwikkelingsbeampte) en René Graf (skakelbeampte).
Enigiemand wat belangstel om kunsaashengel te beoefen, kan die ontwikkelingsbeampte CP Bothma (081 607 1572) of die sekretaris Clyde Bacon (081 886 0137) vir verdere inligting skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie