'Botsende belange' in Namdia ondersoek
'Botsende belange' in Namdia ondersoek

'Botsende belange' in Namdia ondersoek

Namib Desert Diamonds het verlede maand druk op sy hoof-rekeningbestuurder geplaas om te kies tussen sy werk by Namdia en sy private maatskappy.
Jemima Beukes
Mathias Haufiku en Jemima Beukes – Namib Desert Diamonds (Namdia), die regering se diamantbemarkingsmaatskappy, het verlede maand druk op sy hoof-rekeningbestuurder, mnr. Andries Eiseb, geplaas om te kies tussen sy werk by Namdia en sy private maatskappy, wat ook 'n mededinger in die land se winsgewende diamantsektor is.

Volgens Republikein se susterkoerant Namibian Sun het waarskuwingsligte begin flikker toe dit aan die lig gekom het dat Eiseb net nege maande nadat hy by Namdia begin werk het, om bedryfsverwante lisensies aansoek gedoen het.

Eiseb, wat in Januarie 2020 by die maatskappy aangesluit het, het in September verlede jaar om 'n handelslisensie aansoek gedoen, en 'n maand later om 'n snylisensie deur sy maatskappy, Evergreen Diamonds CC, by die ministerie van myne en energie.

Evergreen Diamonds, wat deur Eiseb alleen besit word, het verlede jaar albei lisensies gekry.

Die uitvoerende direkteur van myne en energie, mnr. Simeon Negumbo, het bevestig die lisensies is verlede jaar aan Evergreen uitgereik.

Beide die snyers- en handelslisensies is toegestaan, onderhewig aan bepalings en voorwaardes.

“Die aansoekproses het voldoen aan die vereistes wat deur die ministerie uiteengesit is. Hy het dus vir albei lisensies gekwalifiseer, wat later toegestaan is,” het Negumbo gesê.



ONDERSOEK

Eiseb is 'n ervare diamanthandelaar met meer as 30 jaar se ondervinding in die bedryf, en het jare as diamantwaardeerder by die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) gewerk.

Sy private diamantbedrywighede het sedertdien kommer gewek oor moontlike botsende belange, wat die bestuur van die maatskappy genoop het om 'n ondersoek van stapel te stuur.

Mnr. Kennedy Hamutenya, die uitvoerende hoof van Namdia, het verlede week bevestig die maatskappy het Eiseb se private diamantbedrywighede, terwyl hy 'n voltydse werknemer by Namdia was, ondersoek.

“Ek kan bevestig dat Namdia ingelig is en die saak deur die raad bespreek is. Dit is na wense as 'n interne kwessie hanteer,” het hy gesê.

Volgens sekere bronne het Eiseb daarin geslaag om verdere tugstappe te ontduik.

“Die saak is afgehandel en geen verdere tugstappe is geneem nie. Hy het al sy buite-bedrywighede gestaak en is verbind tot Namdia se sake,” het Hamutenya gesê.

LISENSIES GEKANSELLEER

Negumbo het gesê die ministerie het sedertdien beide lisensies gekanselleer, soos Eiseb versoek het.

“Op 21 Mei het mnr. Eiseb 'n brief aan die minister van myne en energie gerig waarin hy gevra het dat beide lisensies gekanselleer moet word, aangesien hy van sy ander belange afstand doen,” het Negumbo bygevoeg.

Tot en met 2019 was Eiseb se private waardasiemaatskappy, Global Diamond Valuators Namibia (GDVN), die regering se amptelike diamantwaardeerder. Hy het as die uitvoerende voorsitter van dié maatskappy gedien.

GDVN het dienste aan die regering gelewer, insluitend die waardasie van die hele Namdeb-produksie. Die ooreenkoms is as deel van 'n vyfjaar-tenderkontrak met die mynbouministerie aangegaan.

Eiseb het nie gereageer op vrae wat Maandag aan hom gestuur is nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!