Botswana beplan optrede teen Namibiese vlugtelinge
Botswana beplan optrede teen Namibiese vlugtelinge

Botswana beplan optrede teen Namibiese vlugtelinge

NAMPA
Die president van Botswana, mnr. Mogweetsi Masisi, sê sy land beplan om Namibiese vlugtelinge wat by die Dukwi-vlugtelingkamp gehuisves word, huis toe te stuur.

Dít het die afgelope week tydens Masisi se staatsbesoek aan Namibië aan die lig gekom.

Dié vlugtelinge word verbind met ‘n poging in 1999 om die destydse Caprivistreek van die res van die land af te stig.

Luidens ‘n Nampa-berig het Masisi sy Namibiese eweknie, dr. Hage Geingob, ingelig hulle beskou nie meer hierdie mense as vlugtelinge nie.

Trouens, omdat hulle nou as onwettige immigrante beskou word, word daar beplan om hulle te laat terugkeer.

Hy het bygevoeg die eertydse vlugtelinge het egter sy regering voor hul hoërhof gedaag om die besluit om hulle huiswaarts te stuur, ter syde te stel.

Intussen, hangende die hofuitspraak, sal sy regering aanhou om op te tree teen onegte vlugtelinge wat – teenstrydig met hul vlugtelingstatus – by politieke bedrywighede in Botswana betrokke raak.

“Hulle is nie (meer) vlugtelinge nie; hulle word dus onwettige immigrante,” het hy gesê.

Pres. Geingob het gesê die rede hoekom sommige mense nie wil terugkeer Namibië toe nie is omdat hulle steeds nie afstand gedoen het van die plan om die hedendaagse Zambezistreek af te stig nie.

Dié besoek was Masisi se eerste ampsbesoek sedert hy vroeër vandeesmaand, op 1 April, aan bewind gekom het. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-01-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 28° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 21° | 38° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 34° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 33° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 19° | 33° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 16° | 29° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 31° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 17° | 22° Durban: 19° | 29° Johannesburg: 16° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 20° | 28° #REF! #REF!