Botswana heropen sy grense geleidelik
Internasionale lughawens in Namibië se oostelike buurland het gister oopgemaak en grensposte open op 1 Desember.
Francoise Steynberg
Die president van Botswana, dr. Mokgweetsi Masisi, het uiteindelik gister internasionale lugreis na Botswana oopgegooi wat streektoerisme in Suider-Afrika kan bevorder.
In 'n verklaring van die regering van Botswana sal die verbod op internasionale reisigers in fases opgehef word met 14 grensposte wat op 1 Desember oop sal wees.
Dit beteken dat Namibiërs wat die Desembervakansie in Suid-Afrika wil gaan kuier via Botswana kortpad daarheen kan reis, asook Suid-Afrikaners wat Namibië wil besoek. Dit sal ook die langpad vir Namibiese studente wat via die Ariamsvlei-grenspos na hul universiteite in noordelike provinsies in Suid-Afrika moet reis, korter maak.
Internasionale lugreis na die internasionale lughawens van Sir Seretse Khama in Gaborone, Kasane en Maun is gister oopgemaak met internasionale toeriste wat nou beide Botswana en Namibië as gewilde toeristebestemmings as 'n reispakket kan besoek.
Volgens die permanente sekretaris van staatskommunikasie, mnr. Andrew Sesinyi, sal grensposte op 1 Desember by Ngoma en Mamuno wat aan Namibië grens, Ramatlabama aangrensend aan Suid-Afrika, Kazungula (beide pad en veerboot), Ramokgwebana, Martins Drift, Tlokweng, Pioneer en Mohembo oopmaak.
Ngoma en Mamuno is die grensposte wat Namibië met Botswana onderskeidelik in die Zambezi- en Omahekestreek verbind. Dit beteken Namibiërs wat in die vakansieseisoen in die noordelike provinsies van Suid-Afrika wil gaan kuier, kan nou weer via Buitepos en Mamuno deur Botswana reis. Gautengers en Noordwesters kan ook kortpad via Botswana na Namibië reis.
Namibiërs en internasionale toeriste kan via Ngoma tussen noordoostelike Namibië en Botswana reis.
Ook op 1 Desember sal internasionale lugreis na die Internasionale Lughawe Phillip G. Matante in Francistown hervat.
Volgens Sesinyi sal die oorblywende grensposte mettertyd vir opening oorweeg word, onderhewig aan die Covid-19-pandemie en harmonisering met ander buurlande.
– [email protected]
VEREISTES
Alle reisigers na Botswana moet aan die volgende vereistes voldoen:
• 'n Geldige negatiewe Covid-19-toetsuitslag nie ouer as 72 uur voor vertrektyd nie.
• Reisigers se temperatuur sal by aankoms vir Covid-19-simptome gemeet word.
• Reisigers met simptome by aankoms sal aan verpligte toetse en moontlike isolasie en/of kwarantyn onderhewig wees.
• Dit word van reisigers verwag om vir 14 dae in kontak met die plaaslike gesondheidsowerheid
te wees en selfmonitering te doen.
• Reisigers wat nie aan die vereistes voldoen nie, sal nie toegang tot Botswana verkry nie.
• Reisigers wat Botswana verlaat, moet aan die reisregulasies van hul bestemmingsland voldoen.
• Terugkerende burgers en inwoners van Botswana wat nie aan die vereistes voldoen nie, is onderhewig aan toetse en 14 dae kwarantyn op eie koste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie