Botswana kom open Eagles-seisoen
Gerhard Erasmus en sy manne berei onder meer voor op 'n reis na Florida, VSA, volgende maand.
Tielman van Lill - Krieket Namibië maak volgende week geskiedenis wanneer Botswana die hoofstad besoek om vier internasionale T20-wedstryde teen die Eagles by United in Olympia te speel.
Namibië se nasionale manspan sal Botswana vanaf Maandag tot Vrydag 23 Augustus in die kitsweergawe van 20 boulbeurte takel.
Vir 'n losmakertjie sal die spanne reeds Sondag voordat die Internasionale Krieketraad (IKR) se eerste erkende internasionale T20-toernooi in Windhoek begin, mekaar in 'n vriendskaplike vyftigbeurtkragmeting opsom.
Wanneer die T20-reeks op 23 Augustus klaar is, sal die spanne vir oulaas mekaar die volgende dag in 'n vriendskaplike vyftigbeurtkragmeting groet alvorens die Botswana-krieketgeselskap huiswaarts keer.
Die Eagles, wat in die 2018-2019 ongekende vordering op die internasionale krieketverhoog onder hoofafrigter Pierre du Bruyn gemaak het, het Botswana in sy laaste ontmoeting Meimaand in Uganda met tien paaltjies in 'n internasionale eendagwedstryd afgeransel. Die Eagles het nog 97 balle (16 boulbeurte) oor gehad toe hy Botswana se teiken verbygesteek het.
Die Botswana-span het Namibië egter in November laas jaar in Gaborone met drie paaltjies verras in die laaste, beslissende wedstryd van 'n Afrika-streektoernooi, waarin beide lande tot die volgende ronde van kwalifisering vir die T20 Wêreldbeker deurgedring het.
Met die nuwe krieketseisoen op hande, is De Bruyn en die Eagles opgewonde om Namibië se oostelike buurman tuis te ontvang.
“Vanuit die span se oogpunt gee dit aan ons die kans om sekere kombinasies op die proef te stel voordat die wêreldwye uitduntoernooi vir die T20 Wêreldbeker in Oktober in Dubai begin. Dit is belangrik om sekere spelers vir hul onderskeie rolle te slyp en dit is die ideale geleentheid om aan diegene speelkans te gee wat nie veel krieket sedert Meimaand in Uganda gespeel het nie.
“Dit is belangrik dat spelers hul deurgaans teen ander spelers meet. Ons het weereens hard in die nette geskaaf om tegnieke op te knap, maar daar is niks beter as 'n volwaardige drukkoker-wedstryd om spelers se vernuf te toets nie.
“Onderling is daar strawwe kompetisie in die gekontrakteerde Eagles-groep waar die manne vir 'n plek in die span veg. Dit is gesond vir die manne om hul beste te lewer, want dan kan ons keurders en afrigtingspan 'n beter idee kry wie in die finale groep van 15 gaan wees wat Oktober na die Verenigde Arabiese Emirate gaan vertrek,” het De Bruyn verduidelik.
Namibië sal volgende week IKR-ranglyspunte kan verdien om sy posisie op die internasionale rangorde te verbeter.
• Die internasionale eendagstatus wat Namibië verlede seisoen verwerf het, het hom ook in die IKR se splinternuwe Wêreldbeker Liga 2-kompetisie geplaas, wat vandeesmaand begin en tot in 2022 voortduur.
Dit word in mini-toernooie van drie spanne elk beslis en vorm deel van die kwalifiserende pad na die 2023 Wêreldbeker vir eendagkrieket. Die Eagles se eerste deelname is van 13 tot 23 September in Lauderhill, Florida, met twee eendagwedstryde elk teen die VSA en Papoea-Nieu-Guinee.
SMIT DEUR LEERSKOOL
JJ Smit, linkshandige naatbouler van Wanderers, het Woensdagaand uit Kanada teruggekeer, waar hy in die afgelope, sterbelaaide Global T20-reeks vir die Vancouver Knights saam met internasionale veterane soos Shoaib Malik, Chris Gayle, Rassie van der Dussen, Andile Phehlukwayo en André Russell gespeel het.
Dit is maar die tweede seisoen dat dié T20-liga tussen die Brampton Wolves, Edmonton Royals, Montreal Tigers, Toronto Nationals, Vancouver Knights en Winnipeg Hawks aangebied is. Benewens Kanadese spelers bevat elke franchise asook 'n indrukwekkende gros internasionale name, vir 'n topklas kompetisie soortgelyk aan die Indiese Premierliga (IPL).
Smit se span het ná die rondomtaliewedstryde die semifinaal en eindstryd gehaal waar hulle ná 20 boulbeurte gelykop met die Winnipeg Hawks geëindig het. Die Hawks het met 192/8 die Knights se 192/6 geëwenaar, maar in die enkele superboulbeurte wat gevolg het om die kampioen te bepaal, moes die Knights die knie buig.
Ondanks Smit se geskiedkundige deurbraak om in die Kanada-liga gekontrakteer te word, het hy net in drie wedstryde speelkans gekry en het nooit gekolf nie.
Hoewel hy net ses boulbeurte (0/33 in 2 en 0/26 in 4) afgestuur het, het hy onder andere na die Suid-Afrikaner Heinrich Klaasen, Kieron Pollard (Wes-Indië), die Indiese legende Yuvraj Singh, asook die oud-Protea en speler van die reeks JP Duminy geboul.
Die Eagles-groep vir volgende week is: Gerhard Erasmus (kaptein), Jan Frylinck (onderkaptein), Stephan Baard, JJ Smit, Zane Green, Tangeni Lungameni, Craig Williams, Bernard Scholtz, JP Kotze, Pikky Ya France, Karl Birkenstock, Zhivago Groenewald, Lo-han Louwrens, Ben Shikongo, Danie van Schoor, Niko Davin.
Al die wedstryde is by United se Gemsbokpark. Maandag en Dinsdag begin spel om 14:00, dieselfde as Donderdag. Op Vrydag 23 Augustus sal die eerste bal om 10:00 geboul word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie