Botswana kom takel jongspan
Krieket Namibië het vandeesweek aangekondig dat ’n nasionale o.19-span van Botswana vanaf 11 tot 15 Julie in Windhoek teen ’n hoëprestasie-span van Namibië in die Momentum Oupanga-beker (Vriendskapsbeker) te staan sal kom.
Die Namibiërs was veronderstel om teen die Westelike Provinsie en Zimbabwe kragte te meet, maar beide spanne het om verskillende redes onttrek, wat die deur vir die oostelike buurland geopen het.
Vir Botswana dien die vyf wedstryde ter voorbereiding op hul o.19-span se poging om binnekort vir die 2018 junior Wêreldbeker in Nieu-Seeland te kwalifiseer.
Die jong Eagles het reeds outomaties vir dié skouspel in 2018 gekwalifiseer toe hulle vroeër vanjaar in die sewende plek in Bangladesj geëindig het. Die Namibiese keurders kan dus reeds die beskikbare spelers onder die vergrootglas plaas om te sien waar verbeter kan word.
Die toernooi sal met twee 50-beurt wedstryde op dag een en twee wegspring en daarna verander die formaat na die gewilde T20-krieket. Die laaste twee dae sal weer aan die langer weergawe van 50 beurte bestee word, met al die wedstryde wat by verskillende velde gespeel gaan word.
Norbert Manyande, afrigter van die jong Eagles, het 24 spelers gekies wat tydens die toernooi die geleentheid sal kry om hul merk te maak.
Die spelers is Liam Hermanus, Richard Stears, Erich von Mollendorf, Izak vd Merwe, Estiaan Jacobs, Tiaan Jacobsz, Lohan Louwrens, Eben van Wyk, Janu Dreyer, Steven Delport, Donovan Zealand, Shaun Fouché, Enrico van der Westhuizen, Gerhard Lottering, Victor van der Watt, Ben Shikongo, Mauritius Ngupita, Damian de Silver, Dewald Nel, Flores Steenkamp, Petrus Burger, Keanu Engelbrecht en Albert van der Merwe.
Mnr. Vido Tjozongoro, bemarkingshoof van MMI Holdings in Namibië, is ingenome met krieket se ontwikkeling.
“Momentum is baie tevrede met die ontwikkelingsprogram op voetsoolvlak wat deur FNB geborg en deur Krieket Namibië aangebied word. ’n Opwindende tydperk lê voor wanneer ons oor ’n paar jaar die vrugte van hierdie program gaan begin pluk,” het Tjozongoro gesê.
Beide FNB en Momentum vervul groot rolle in die ontwikkeling van jong krieketspelers. FNB is die hoofborg van die Grass Roots krieketprogram waar die Kwata-spelers gekweek word, wat dan later ’n trappie hoër na die Momentum-liga klim om die bestes in die land te pak.
Die program was so ontwerp om ook staatskole in te sluit om te verseker dat die leerders van voorheen benadeelde gemeenskappe voordeel uit die inisiatief trek. Van die skole wat baat vind, is die People’s Primary School (Katutura), Moses van der Byl, AI Steenkamp, Elim en Gammams.
“In die Erongostreek is Tutaleni Primary School, Narraville en Kuisebmond deel van die aksie, terwyl Oshakati Primary School, Oshikuku, Elim, Rundu Nkurenkuru in die noorde daaraan deelneem. Hoe meer skole deel van die program word, hoe meer talent gaan ontdek word wat op nasionale vlak hul land kan verteenwoordig,” het die bemarkingshoof verduidelik.
Spelers soos Ben Shikongo en Mauritius Ngupita dien as voorbeelde van die Kwata-program se sukses. Namate hulle deur die stelsel gevorder het, het hulle ontwikkel en beide is nou deel van die Hoëprestasie-groep wat teen Botswana gaan speel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie