Botswana se oudpresident uit party oor olifante
Oudpres. Ian Khama van Botswana het bedank uit die party wat hy en sy pa jare lank gelei het, nadat sy opvolger die verbod op die jag van olifante en ander grootwild opgehef het.
Khama het verlede jaar die leierskap van die Botswana Democratic Party (BDP) aan Mokgweetsi Masisi, toe sy adjunkpresident, oorhandig en daarmee ook die presidentskap.
Die twee sit sedertdien nie lekker om dieselfde vuur nie en het al verskeie kere oor beleid verskil. Khama is steeds ’n invloedryke man in Botswana.
Masisi is net die derde persoon van buite die Khama-familie wat Botswana lei sedert onafhanklikwording van Engeland in 1966. Sir Seretsi Khama was die familiepatriarg.
Die laaste stooi vir Khama was Masisi se opheffing van die jagverbod op grootwild, wat Khama se regering in 2014 ingestel het.
Khama het Saterdag op Serowe, waar hy die hoofkaptein is, gesê hy gaan van nou af die opposisie-alliansie – die Umbrella for Democratic Change (UDC) – steun in aanloop tot die algemene verkiesing in Oktober vanjaar.
“Ek het gekom om vir julle te sê ek sny alle bande met die BDP omdat ek nie meer die party herken nie. Dit was ’n fout om Masisi as my opvolger te kies. Ek gaan nou met die opposisie saamwerk om seker te maak dat die BDP in Oktober sy mag verloor,” het Khama gesê. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie