Botswana trek kruisies
Botswana trek kruisies

Botswana trek kruisies

Die land het 'n bevolking van 2,2 miljoen mense, waaruit 924 000 geregistreerde kiesers sal stem.
Botswana se regerende ­Botswana Democratic Party (BDP) sal Woensdag sy asem ophou wanneer kiesers hul kruisies by die stembus gaan trek, in wat wyd gesien word as een van die ernstigste uit­dagings tot dié party se politieke bewind in meer as vyf dekades.

Botswana, die voorspoedigste en stabielste demokrasie in suidelike Afrika, handhaaf sedert onafhanklikheid van Brittanje in 1966 'n groeikoers van 8%, maar steun hewig op sy handel in diamante hiervoor.

Duma Boko, leier van die ­opposisie Umbrella for Democratic Change, hoop egter om met die steun van voormalige president Ian Khama die huidige president Mokgweetsi Masisi van die BDP uit die kussings te lug.

“Ons bly vasberade en vol selfvertroue dat ons hierdie verkiesing gaan wen,” het Boko die week aan verslaggewers gesê.

Hy het egter gemaan dat die opposisie slegs die uitslae sal aanvaar indien die verkiesing “geloofwaardig” is.

Masisi steun op sy teenkorrupsie­rekord en verminderde burokrasie vir klein ondernemings, terwyl Khama homself by Boko geskaar het nadat hy en die president 'n uitval gehad het. Khama is die seun van Seretse Khama, Botswana se eerste president.

Botswana het 'n bevolking van 2,2 miljoen mense, waaruit 924 000 geregistreerde kiesers vir 57 lede van die Nasionale Vergadering en 490 verteenwoordigers op plaaslike rege­ringsvlak sal stem.

Die party wat wen se kandidaat word daarna as president ingehuldig.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!