Botswana wil olifantjag glo weer wettig
Bewaringsorganisasies het hul skok en afgryse met die aanbevelings op Twitter, in verklarings en op ander sosialemediaplatforms uitgespreek.
Elise Tempelhoff - Die Botswana-regering is glo op die punt om die verbod op die jag van olifante wat sedert 2014 geld, op te hef omdat plaaslike gemeenskappe “gedurig in konflik met dié diere is”.
Botswana en Zimbabwe is een van die laaste vestings van wilde olifante in Afrika en het saam meer as 200 000 wat rondom die Zambezirivier beweeg. Botswana beweer hy het 130 000 olifante. Die olifante is nie in reservate soos dié in die Krugerwildtuin nie en migreer tussen Namibië, Botswana en Zimbabwe.
Luidens ’n verslag wat ’n subkomitee van die kabinet oor die jagverbod Donderdag aan dr. Mokgweetsi Eric Keabetswe Masisi, Botswana se president, oorhandig het, word aanbeveel dat die verbod opgehef word.
Die komitee beveel voorts aan dat die diere ook gereeld uitgedun word. Hul vleis kan ingemaak word en as blikkieskos vir troeteldiere verkoop word, het Frans van der Westhuizen, minister van plaaslike owerhede en landelike ontwikkeling, in ’n verkorte weergawe van die verslag wat in Netwerk24 se besit is, aan die hand gedoen.
KONSULTASIEPROSES
Van der Westhuizen het die konsultasieproses oor die jagverbod gelei. Die konsultasieproses was wyd, het Van der Westhuizen gesê.
Volgens hom is die bewaringsorganisasie Elephants without Borders, wat hoofsaaklik in die Okavango Delta werk, ander nie-regeringsorganisasies en geraakte gemeenskappe oor die jagverbod gekonsulteer.
Bewaringsorganisasies het hul skok en afgryse met die aanbevelings op Twitter, in verklarings en op ander sosialemediaplatforms uitgespreek.
Michele Pickover van die EMS-stigting het gesê die aanbevelings is “skokkend”. Die organisasie het begin met ’n veldtog om die Botswana-regering van sy oënskynlike besluit te laat afsien.
Hoewel die aanbevelings nog eers deur Botswana se parlement goedgekeur moet word, wil dit voorkom asof die meeste ministers in die land se kabinet ten gunste is van trofeejag en die uitdunning van die diere.
Die EMS-stigting het op die Botswana-regering se Facebook-blad by foto’s wat voor 1994 in die Krugerwildtuin geneem is nadat olifante uitgedun is, geskryf: “Botswana, regtig, is dit (met verwysing na die foto) wat julle propageer? Dit is afgryslik! Dit is onmenslik, onwetenskaplik en gewoon gevaarlik vir jul toerismebedryf.”
DREIGEMENTE
Sommige mense, hoofsaaklik inwoners van Botswana, het gesê diegene wat gekant is teen die opheffing van die verbod, het nie ’n “idee” van die verwoesting wat olifante aan hul huise en landerye veroorsaak nie.
Die meerderheid inskrywings was dreigemente teen die Botswana-regering dat die jag op olifante en die uitdunning van die diere sal verseker dat “niemand hul voete weer in Botswana” sit nie.
Kgabo Sedibelo van Botswana het op die regering se Facebook-blad geskryf: “Wat jy ook al doen, meneer die President, moet asseblief nie die jagverbod ophef nie. Dit sal vernietigend wees vir een van die pilare van ons ekonomie. Die konflik tussen mense en wilde diere kan op ander maniere opgelos word sonder dat toeriste hul rug op Botswana draai. Ons kan ’n wen-wen-situasie skep sonder om ons reputasie te vernietig. Middeleeuse oplossings vir die 21ste eeu se uitdagings sal en kan nie werk nie. Regtig, president Masisi, jy is sekerlik beter as dit.”
Dit is nie seker wanneer die parlement oor die goedkeuring al dan nie van die verslag sal besluit nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie