Botswana wil sy burgers afluister
Botswana wil sy burgers afluister

Botswana wil sy burgers afluister

’n Konsepwetsontwerp word die week in Botswana se parlement oorweeg terwyl die media vra dat die Verenigde Nasies en die Afrika-unie Kommissie dringend moet ingryp.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die redakteursforum van Suid Afrika (SAEF) het saam met die Botswana-redakteursforum (BEF) hul kommer uitgespreek oor ’n konsepwetsontwerp wat die buurland se regering dringend vandeesweek aan die parlement gaan voorlê.

Botswana se minister van verdediging, justisie en veiligheid, mnr. Kagiso Mmusi, stel voor die buurland bekragtig ’n nuwe wet op strafprosesse en bewyse (beheerde ondersoeke).

Volgens die redakteurs is die wetsontwerp nie voldoende nie as ’n gebrek in die toesig oor Botswana se spioenagentskapbeamptes in ag geneem word, wat die reg sal hê om valse identiteitsdokumente en paspoorte te dra.

Verder sê die medialeiers die wetsontwer sal burgers en joernaliste dwing om inligting bekend te maak.

“SAEF is diep bekommerd oor wat in Botswana gaan gebeur deur die beoogde wetsontwerp – die dwarsboming en onderdrukking van vrye uitdrukking onder sy mense en die media,” luidens die verklaring wat Vrydag uitgereik is.

Hulle doen ’n beroep op president Mokgweetsi Masisi om die wetsontwerp terug te trek en voorsiening te maak vir wyer openbare konsultasies, “aangesien dit beslis ernstige gevolge sal hê, nie net vir die burgers van Botswana nie, maar ook die hele SADC-streek,” skryf die redakteurs.

“Die wetsontwerp in sy huidige formaat is gevaarlik,” sê die redakteurs en “dis skrikwekkend dat die intelligensie-operateurs nie vervolg kan word nie, veral in 'n land wat ons as 'n baken van goeie regering beskou.”

Volgens die redakteurs sal die wetsontwerp 'n kultuur van arrogansie en opsetlike veroordeling en teregstelling van onskuldige burgers aanmoedig, “wat aan die koloniale en apartheidsera herinner.”

Wat Botswana in die wetsontwerp bepleit, is heeltemal teen die etos en gees van die SADC-protokol op kultuur, inligting en sport wat Botswana en 15 ander lidlande in die streek onderteken het.”

Hulle wys spesifiek vier sleutelartikels en klousules in die wetsontwerp uit, naamlik artikels 17(a), 18(4), 19(1) en 20.

“Selfs sonder hierdie wetsontwerp was daar reeds wydverspreide aanvalle op die media in Botswana. Ons sidder om te dink wat van die media gaan word wanneer hierdie wetsontwerp bekragtig word,” skryf hulle.

“Ons hoop dat die parlement in Botswana en ook die staatshoof sal op die openbare oproer reageer en die wetsontwerp na die publiek vir konsultasies neem. Daarbenewens doen ons 'n beroep op die Verenigde Nasies (VN) se Mense- en Menseregtekommissie, deur die Kantoor van die Spesiale Rapporteur oor Vryheid van Uitdrukking en Toegang tot Inligting, en ook die Afrika-unie (AU) Kommissie om standpunt in te neem,” skryf die redakteurs.

Botswana het geen wetgewing vir die toegang tot inligting in plek nie.
[email protected]

FOTO
Botswana se minister van verdediging, justisie en veiligheid, mnr. Kagiso Mmusi. Foto twitter.com/BWGovernment

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.98/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.46/lb UP +3.21% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 4.33% | Brent Crude Oil US$ 75.00/BBP UP +0.83% | Platinum US$ 981.63/OZ UP +2.46% #REF!