Bottelneusdolfyne floreer ná stranding
Minstens 96% van al die diere wat sedert 1991 gestrand geraak het en gered is, is meer as 'n jaar later steeds lewend en gesond.
Elvira Hattingh
Minstens 25% van Namibië se totale bottelneusdolfynbevolking het sedert 1991 reeds gestrand geraak, maar byna almal het oorleef.
Dit laat navorsers wonder of die gewoonte van dié diere om in vlak water, soos die Walvisbaaise strandmeer, te jag werklik gevaarlik is.
Volgens navorsing deur die Namibiese Dolfynprojek (NDP) het 56 bottelneusdolfyne sedert 1991 in die Walvisbaaise strandmeer gestrand geraak en is hulle terug in die water besorg.
Slegs 25 van hierdie dolfyne is geïdentifiseer, en 96% van die geïdentifiseerde dolfyne is weer meer as 12 maande later gekiek – veilig in die water.
As slegs dié dolfyne in ag geneem word wat voor September 2012 gestrand geraak het, is 74% van hulle weer meer as vyf jaar later afgeneem.
Van die dolfyne is later selfs met kalwers gesien.
In 'n navorsingsartikel getiteld Risky business? A note on repeated live strandings of common bottlenose dolphins (Tursiops truncatus) while foraging in a shallow water environment deur die navorsers mnr. Barry McGovern, me. Tess Gridley, me. Bridget James en mnr. Simon Elwen word gesê waarskynlik was 'n groter aantal Namibiese dolfyne al gestrand.
Hulle sê die 25%-raming is konserwatief. Die ware persentasie is waarskynlik heelwat hoër omdat 31 van al die dolfyne wat al by die strandmeer gestrand geraak het, nie geïdentifiseer is nie.
“Dit beteken hulle kon nie by die statistiek ingereken word nie. “Boonop is die westelike dele van die strandmeer nie toeganklik vir mense nie en kon moontlike strandings hier plaasgevind het sonder dat dit aangeteken is,” sê die navorsers.
Data wat deur die NDP bygehou word, wys geen lewende stranding buite die strandmeer is aangeteken nie.
Tog is 10 strandings sedert 1991 in die breër Walvisbaai-omgewing aangeteken.
In dié gevalle was die dolfyne reeds dood toe hulle uitgespoel het en drie is dood ná hulle gestrand is.
In twee gevalle het altesaam ses gestrande dolfyne hulself weer sonder mense se hulp terug in die water gekry.
HOEKOM DIE STRANDMEER?
Die navorsers meen dit kan vir bottelneusdolfyne gevaarlik wees om in die vlak water van die Walvisbaaise strandmeer te jag omdat dit net sowat 9 km2 groot is en nêrens dieper as 4 m is nie.
Navorsing toon Namibië se bottelneusdolfynbevolking is waarskynlik minder as 100 individue sterk.
Boonop kom hulle uitsluitlik in vlak water voor en teenaan die kus.
“Historiese data dui aan die dolfyne besoek die strandmeer minstens 'n 100 jaar reeds. Dit is dus nie nuwe gedrag nie,” lui die navorsingsdokument.
Die navorsers meen die dolfyne word dalk na die strandmeer gelok omdat die suidelike harder, 'n belangrike voedselbron, in groot getalle hier voorkom.
Faktore soos die groeiende robbevolking kan ook vir mededinging om kos sorg, terwyl die groeiende getal toeristebote in die res van die baai dalk daartoe bydra dat die dolfyne die strandmeer as habitat verkies.
STRES Ná MENSE INGRYP
“Tydens twee strandings in 2016 het dolfyne hulself weer sonder menslike hulp in die water teruggekry toe die gety lig.
“Tydens een van dié geleenthede het NDP-lede gesien drie gestrande dolfyne lyk redelik kalm en het eers tekens van stres begin toon ná mense hulle genader het om te help,” aldus die navorsingsdokument.
Wetenskaplikes meen dit is algemeen vir verskeie dolfynsoorte om onbedoeld gestrand te raak wanneer hulle 'n “strandvoeding- jagstrategie” uitvoer. “Dit lyk of geen sterftes voorgekom het onder dolfyne wat dié strategie volg nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie