Bottels vir borsmelkbank
Die Namibiese Borsmelkbank (NBMB) het 'n welkome skenking van 2 500 voedingsbottels ontvang, wat in Frankryk vervaardig word.
Die waarde van die skenking deur die Ohlthaver & List (O&L)-groep is sowat N$120 000. Volgens die NBMB se woordvoerder, sr. Birgit Mayer, is een van hul grootste uitdagings die gebrek aan borsmelkskenkers.
Die borsmelk word gebruik om vroeggebore babas te voed waar die ma nie genoeg borsmelk op haar eie kan voorsien nie.
“Natuurlike borsmelk is baie gesonder vir babas as formulemelk. Dit dra beduidend tot hul fisieke en geestelike ontwikkeling by,” het Mayer gesê.
Volgens haar is daar ongelukkig gevalle waar vroeggebore babas nie direkte toegang tot borsmelk het nie.
“Die ma is dalk ná die geboorte dood of is eenvoudig weens gesondheidsredes nie daartoe in staat om te borsvoed nie.”
Vroeggebore babas, wat 1,5 kg en minder weeg, is ook meer geneig tot infeksies en word meer beskerm wanneer hulle borsmelk ontvang.
Die NBMB het in April 2018 geopen toe die pasteurisasie van borsmelk begin het en die eerste drie vroeggebore babas gevoed is met borsmelk wat deur ma's geskenk is.
Om as ontvanger van dié borsmelk te kwalifiseer, moet 'n baba 1,5 kg en minder weeg en moet sy of haar ma nie daartoe in staat wees om self borsmelk te voorsien nie.
Van April 2018 tot April vanjaar het NBMB gepasteuriseerde melk aan sowat 100 babas verskaf.
Hiervan was sowat 60 verwysings van die staat en die res van die private sektor.
Buiten skenkings is dit die borsmelkbank se droom om skenkers se bloedtoetse te kan finansier.
“Dit kos geld en vereis finansiering, wat ons nie in die stadium het nie,” het sy gesê.
Volgens O&L se bestuurder van korporatiewe betrekkinge vir die groep, me. Patricia Hoeksema, is die groep sedert die middel van verlede jaar by die borsmelkbank betrokke en dek administratiewe kostes soos huur, laboratoriumkostes, sowel as uitgawes by die versameling, berging, pasteurisering en verspreiding van die melk.
Besoek www.nbmb.com.na vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie