• Tuisblad
  • Sake
  • Bottelwater: Shoprite in W-Kaap verkoop 200% meer
Bottelwater: Shoprite in W-Kaap verkoop 200% meer
Bottelwater: Shoprite in W-Kaap verkoop 200% meer

Bottelwater: Shoprite in W-Kaap verkoop 200% meer

Die Shoprite-groep in die Wes-Kaap het in Desember en Januarie 200% meer gewone gebottelde water verkoop.
Nellie Brand-Jonker - Die algehele verkope van gebottelde water deur die Shoprite-groep in die Wes-Kaap – vonkelwater ingesluit – het in Desember en Januarie 4 miljoen liter beloop; ’n styging van 118% teenoor die vergelykende tydperk.

Daar was ook ’n toename in die vraag na produkte soos emmers, ander plastiekhouers waarin water gehou kan word, waterkanne en -filters; asook produkte soos droë sjampoe, nat doekies (wet wipes); hand-ontsmetters en klam gesigsdoekies.



Ander gewilde produkte sluit in verbindings en pype vir gryswaterstelsels, waterlose motorwasprodukte, waterhoudende produkte vir plante (soos Waterwize Crystals), toiletskuim; spuitmiddels wat reuke verwyder, droëskuim-skoonmaakmiddels, toestelle wat storttye meet en waterbesparende stortkoppe.

Daar was ook ’n toename in die vraag na produkte soos emmers, ander plastiekhouers waarin water gehou kan word, waterkanne en -filters.

“Die beskikbaarheid verskil van winkel tot winkel. Nuwe produkte wat nie voorheen aangehou is nie, is bekend gestel vanweë die verbruikersvraag daarna,” sê ’n woordvoerder van die groep.

Nog produkte wat nou gewilder is as voorheen, sluit in papierborde, papierbordhouers, plastiek-eetgerei, babapoeier, asyn, koeksoda, skoonmaakmiddels wat omgewingsvriendelik is; en voorbereide etes (wat nie water benodig vir gaarmaak nie).

Die Shoprite-groep het vandeesweek aangekondig sy klante sal nou by kasregisters ’n skenking kan maak vir gemeenskappe in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap wat waternood ervaar.

Die geld sal in die Shoprite-groep se Rampverligtingsfonds gestort word. Klante kan R5 of meer tot hul rekening byvoeg by Shoprite- en Checkers-winkels landwyd.

Dit kom nadat klante in ander dele van die land gevra het of hulle bottels met water aan Kapenaars kan skenk. “Dit is meer doeltreffend om geld te skenk omdat die water swaar is en moeilik is om te verpak en te vervoer.

“Die geld wat ingesamel word, sal gebruik word om water op ’n meer doeltreffende wyse te bekom en op ’n goedkoper wyse te vervoer.”

Dié fonds is in Maart 2016 begin te midde van ’n erge droogte in die Vrystaat en KwaZulu-Natal.

Sedertdien word dit gebruik om mense by te staan wat deur brande, vloede en ander rampe getref word.

Die Shoprite-groep sê sy Slimwatermeter-uitdaging, wat in Kaapstad bekend gestel is, het gehelp dat skole tot op hede meer as 18 miljoen liter water kon spaar.

Meer van dié watermeters sal in die komende maande by nog skole geïnstalleer word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!