Bottertekort laat die pryse klim
Bottertekort laat die pryse klim

Bottertekort laat die pryse klim

Verbruikers sal nie meer hul brood aan albei kante gebotter kan hê nie. Botter is net te duur!
Carla Coetzee - Daar is geen einde in sig aan die bottertekort in Suid-Afrika nie en pryse sal moontlik aanhou styg.

Die vraag na botter het wêreldwyd toegeneem, sê dr. Koos Coetzee, hoof­ekonoom van die Melkprodusente-­organisasie.

“Die verbruiker het agtergekom hoe lekker volroommelk is en dat hoë vetinhoud in melk nie sleg vir jou is nie,” sê hy. Coetzee sê voorts daar is internasionale weerstand teen margarien en dat mense “natuurliker” produkte wat minder verwerk word, verkies.

“Botter het oral rekordpryse bereik. Die botterprys is nou meer as R85 000 per ton op die internasionale mark. Ons pryse is nog nie so erg nie, maar ons sal ook nie gou minder betaal vir botter nie,” sê hy.

Hy sê melkproduksie het in die eerste nege maande van 2017 met 1,8% gestyg.

“Ons sien dat die vraag na botter in 2015 met 5% gestyg het vergeleke met die vorige jaar en met 2% in 2016 gedaal het. Dié daling is die gevolg van hoër pryse, asook van die finansiële druk waar­onder verbruikers verkeer.”

–Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!