Bou dié trots uit
Dit was 'n voorreg om die afgelope naweek van die aksie in die Momentum Raadsbeker se skolerugby-eindstryde te beleef.
Skoleligas vir laerskolerugby en hokkie is ook afgesluit nadat netbal reeds vroeër sy seisoen voltooi het.
As voedingsbron vir nasionale junior en senior sportspanne is skolesport gesond. Buite die hoofstad is daar ook baie talent, hoewel skolesport in sekere streke beslis aansienlik ontwikkel kan word.
'n Woord van dank en gelukwensing is gepas aan alle borge, organiseerders, onderwysers, afrigters, ouers en spelers. En dit gaan nie net oor die smaak van oorwinning nie. Vir elke skolier is die voorreg om in 'n finaal te speel 'n herinnering wat vir die res van 'n lewe gekoester word.
Beleggings in die fisieke en sosiale ontwikkeling wat alle vorme van sport bied, kom in talle gedaantes – en elke belegging is belangrik; klein en groot. Midde die huidige debat oor sogenaamde “gratis onderwys” is hierdie deel van opvoeding, wat nie net geld kos nie, maar ure se tyd en toewyding, 'n aspek wat juis nie oorsien of afgeskeep moet word nie.
Die Hage Geingob-stadion was Saterdag voller gepak as vir sekere onlangse wedstryde van die nasionale rugbyspan en Namibië se SuperSport Uitdaagreeks- en/of Curriebeker-span.
Een vraag is hoekom hierdie groot trots en passie oënskynlik nie van Namibiërs vurige en patriotiese bywoners van wedstryde en ondersteuners van ons nasionale spanne maak nie. Die kompartementalisering van lojaliteit spreek van 'n land se psige en kan gevaarlik wees.
So sê ander
18 Augustus 2017
Terror strikes in Barcelona
Barcelona on Thursday suffered an attack with all the hallmarks of Islamist terror as a van drove into a tourist-area crowd, slaughtering 13 and injuring scores more.
The answer isn't to accept such attacks as the new normal, shrug and go on with business as usual. They've got to end.
The sooner the group (ISIS) is eradicated from the planet, the sooner it'll be unable to inspire — or coordinate — plots throughout the world.
Efforts to prevent bent-on-evil infiltrators from abroad from crossing US borders are also as vital as ever. So, too, must the world's counterterrorist and intel agencies remain vigilant.
As past terror threats have shown, the authorities need to get lucky every time to stop terrorists — while terrorists need to get lucky only once. Tragically, the bad guys seem to be “getting lucky” a lot lately.
• NEW YORK POST

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie