Bou van 737 Max gestaak ná ongelukke
Vir die eerste keer in 'n dekade beplan Boeing nie 'n verhoging in dividend nie.
Boeing staak in Januarie die bou van die Boeing 737 Max vir 'n onbepaalde tyd, het die Amerikaanse vliegtuigvervaardiger aangekondig.
Lugvaartowerhede het vlugte van die 737 Max in Maart wêreldwyd stopgesit ná die Ehtiopian Airlines-lugramp, wat die tweede ongeluk in vyf maande van 'n Boeing 737 Max was. Altesaam 346 mense is in die twee ongelukke dood. Die eerste ongeluk was in Oktober 2018 met 'n vliegtuig van Lion Air.
Die besluit om produksie te staak kom nadat die Federale Lugvaartowerheid (FAA) in Amerika aangedui het hy gaan nie vanjaar die 737 Max sertifiseer om vlugte te hervat soos wat Boeing aanvanklik gehoop het nie.
Boeing se besluit sal sy probleme vererger, sy herstel bemoeilik en 'n rimpeleffek deur die hele Amerikaanse ekonomie stuur. Dit sal kontant spaar, maar is negatief vir die hele voorsieningsketting vir Boeing wat van Seattle tot Kansas strek.
By Boeing self sal werknemers voortgaan met 737-verwante werk of tydelik by ander spanne ingedeel word, lui 'n verklaring. Geen afleggings word beplan nie.
Die Boeing 737 Max was die topverkoper van Boeing, maar byna 400 nuwe vliegtuie word nou geberg.
Boeing se aandeelprys was Maandag minder as 1% laer, maar die aandeelprys van Spirit AeroSystems, die grootste verskaffer vir die Max, het met byna 4% geval.
Die rede vir Boeing se besluit is die onsekerheid rakende die tydsberekening en voorwaardes vir die hersertifisering, sê 'n senior Boeing-bestuurder.
Die onsekerheid oor wanneer produksie hervat kan word, kan werkverliese by Boeing se verskaffers tot gevolg hê, wat later 'n uitwerking op Boeing self kan hê.
Die 400 000 onderdele wat gebruik word om elke Max te bou word in 'n fyn uitgewerkte volgorde gelewer, in sommige gevalle tot op die uur. Wanneer produksie gestaak word, loop Boeing die risiko om werknemers te verloor en kan hy later sukkel om hulle terug te kry. Dit geld ook die verskaffers, sê 'n ontleder.
Boeing het ná die Ethiopian Airlines lugramp reeds produksie van die Max met 19% ingekort, maar voorraadkoste het skerp toegeneem namate die maatskappy 'n vinnige herstel verwag het.
Boeing mag nie Max-vliegtuie aan lugdienste lewer terwyl die staking van vlugte nog toegepas word nie, so meer as 380 nuwe vliegtuie is reeds in voorraadloodse.
Boeing bestee US$4,4 miljard aan die Max-program per kwartaal terwyl vlugte gestaak word, sê nog 'n ontleder in 'n verslag. As hy produksie staak, sal die bedrag halveer, maar daar is nog koste om lugdienste te vergoed vir verlore vliegure.
Die ekstra koste kan nog vir jare 'n las op Boeing se winssyfers en kontantvloei wees.
Vir die eerste keer in 'n dekade beplan Boeing nie 'n verhoging in dividend nie. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie