Boubedryf nader politici vir hulp
Die Federasie vir die Konstruksiebedrywe in Namibië en die bousektor se bedrywighede het weens die resessie en die Covid-19-inperkings ingekrimp.
Augetto Graig - Die Federasie vir die Konstruksiebedrywe van Namibië (CIF) hou saam met die ondersteuning van die Hanns Seidel-stigting ’n reeks ontbytvergaderings met lede van die parlement om hul pleidooie vir die redding van dié sukkelende sektor te bevorder.
Volgens die hoofbestuurder van die CIF, me. Bärbel Kirchner, is dit van uiterse belang dat die bedryf inligting met besluitnemende politici deel.
By die geleentheid het die visepresident van die CIF, mnr. Panashe Daringo, uitgebrei oor hoe die boubedryf in Namibië in die onlangse verlede ingekrimp het, en hoe die lidmaatskap van die CIF gedaal het. Die nuutste inligting wat die CIF in Maart vanjaar ingesamel het, skets ’n donker prentjie.
Weens die impak wat Covid-19 op die land se ekonomie gehad het, het amper 60% van respondente gesê hulle sal hul besighede verklein, terwyl 11,11% gesê het hul maatskappye sal vir eers dormant bly, en 11,11% het gesê hul besighede sal sluit.
“Besighede in die boubedryf worstel reeds sedert 2016 om te oorleef,” sê Daringo.
“Baie besighede in die sektor het reeds weens die resessie toegemaak. Die meerderheid het hul reserwes uitgeput en enige vorige winste is gebruik om besighede aan die gang te hou,” sê hy.
Voorstelle wat die CIF aan die parlementslede voorgelê het, sluit in om ’n bouraad te stig om die bedryf te ontwikkel, om deelnemers te registreer, tegniese opleiding en kapasiteitsbou te koördineer, die publiek teen beginsellose kontrakteurs te beskerm en om aan die betrokke minister raad te gee.
Verder stel die CIF voor die regering moet verkryging aanpas om plaaslike boukontrakteurs op gelyke voet met buitelandse kontrakteurs te laat meeding, om klein kontrakteurs met groot boumaatskappye te laat meeding en om plaaslike aankope te bevorder.
Hulle voel verkryging moet die kontrakwaarde, ligging, eienaarskap, jeugbetrokkenheid, geslagsgelykheid, ervaring, toegang tot finansies en voorheen benadeelde mense in ag neem.
Hulle dring aan dat die opbrengs van verkryging plaaslik, waar die projek plaasvind, gesien moet word.
Daringo sê meer eenvoudige en beperkte kontrakte gemik op Namibiese boumaatskappye sal die bedryf ook help.
“Projekte soos die teikengerigte ingrypingsprogram vir indiensneming en ekonomiese groei (TIPEEG) het goeie doelwitte gehad, maar was nie suksesvol geïmplementeer nie. Hierdie tipe projekte kan maklik gebruik word om werksgeleenthede vir Namibiërs te skep en vaardighede te bevorder,” sê hy.
Eenvoudige kontrakte met laer vereistes en makliker terme kan die bedryf die kans gee om te herstel,” sê hy.
Volgens hom word die plaaslike boubedryf ten opsigte van grootskaalse projekte in Namibië uitgesluit weens vereiste tenderskuldbriewe wat dikwels miljoene Namibiese dollar beloop.
Daringo sê deur uitsluitsel van hierdie vereistes vir plaaslike maatskappye kan meer plaaslike boumaatskappye ook aan groot bouprojekte deelneem.
Daringo beywer hom ook vir geslote bieprosesse waardeur bekwame kontrakteurs uitgeken word en verskeie doelwitte in die bieproses ingewerk word.
Hy roep op meer arbeidsgebaseerde kontrakte en meer vennootskappe tussen plaaslike maatskappye en staatsondernemings soos die Padkontrakteursmaatskappy (RCC). Volgens hom kan vennootskappe tussen private maatskappye en staatsinstansies (PPP’s) die groot infrastruktuur gaping verminder, wat volgens Daringo reeds meer at N$200 miljard beloop.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie