Boubedryf toon nuwe lewe
Boubedryf toon nuwe lewe

Boubedryf toon nuwe lewe

’n Ekonoom meen ’n laer uitleenkoers in die buurland sou nog meer kon help om groei in die boubedryf te bespoedig.
Francois Williams – Daar is vroeë tekens van ’n herstel in die konstruksiebedryf, wys die Afrimat-konstruksie-indeks vir die derde kwartaal.

Die indeks wat die waarde van voltooide geboue, goedgekeurde bouplanne en die waarde en volume van boumateriaal meet, het in die derde kwartaal vanaf die vorige kwartaal met 5,1% gegroei, vergeleke met ’n reële groei van net 0,7% in BBP oor dieselfde tydperk, sê die ekonoom dr. Roelof Botha.

Botha stel die indeks namens die genoteerde boumateriaalgroep Afrimat op.

Die dalende tendens in die indeks se vierdekwartaal-gemiddelde wat in 2017 begin het, is nou omgekeer, en die nuwe groeifase kan in 2020 momentum kry, meen Botha. Dit kan veral deur die stewige groei van vastekapitaalvorming in die afgelope twee kwartale aangehelp word.

Maar Botha meen ’n laer uitleenkoers sou nog meer kon help om groei in die konstruksiesektor te laat versnel en volhoubaar te kry. Hy meen dis vreemd dat die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee weier om te midde van ’n dalende tendens in die inflasiekoers na ’n meer tegemoetkomende rentekoersbeleid te skuif.

Hoë rentekoerse ontmoedig en belemmer kapitaalvorming, veral in die mark vir woonhuise, sê Botha. Dit verhoed baie individue om die koop van ’n eiendom te kan bekostig. Die huismark is in reële terme al sedert die resessie van 2008 en 2009 in ’n insinking, wat een van die verklarings vir die swak groei in die konstruksiebedryf oor die afgelope dekade is, sê hy.

Andries van Heerden, uitvoerende hoof van Afrimat, sê die tekens van herstel in die indeks is welkom, en Afrimat het self tekens van nuwe aktiwiteite gesien, veral danksy tenders van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap wat weer uitgereik word. Statistieke Suid-Afrika se onlangse syfers wys egter steeds ’n vyfde agtereenvolgende kwartaal van negatiewe groei in die konstruksiebedryf in geheel.

Botha glo die bedryf behoort deur die nuwe beleggingsbeloftes op pres. Cyril Ramaphosa se onlangse tweede beleggingsberaad in Sandton gestimuleer te word. Die nuwe infrastruktuurfonds wat die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika gaan bestuur, is ook goeie nuus vir die konstruksiebedryf, want projekte van meer as R700 miljard is reeds as deel van die regering se ekonomiese herstelplan geïdentifiseer.

Soet en suur in bousyfers:

Alles is egter nie rooskleurig in die komponente van die indeks nie.

Hoewel daar groei van 11,9% was in die volume boumateriaal wat in die derde kwartaal verkoop is vergeleke met die vorige kwartaal, het die waarde van voltooide geboue met 12% gedaal.

Verder het salarisse en lone in die konstruksiebedryf met 2,2% gedaal, en ’n inkrimping van 1,7% in indiensneming in die sektor.

Daar was wel groei van 9,5% in die waarde van goedgekeurde bouplanne, ’n groei van 8,3% in die kleinhandelverkope van boubedryf-hardeware, en groei van 5,1% in die verkope van boumateriaal. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!