Boubedryf wag in spanning op fiskus
CIF het 'n lys onbetaalde fakture aan die ministerie van finansies oorhandig.
Augetto Graig - Die Namibiese boubedryf wag in spanning om op 8 Maart te hoor watter projekte vir die finansiële jaar goedgekeur is.
Volgens die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Federasie vir Bounywerhede (CIF), me. Bärbel Kirchner, is die bedryf hard getref deur die regering se poging om geld te spaar.
“Die grootste probleem wat die boubedryf tans beleef, is vertragings in die betaling van projekte,” sê sy.
“Die hele bedryf wag om te hoor vir watter kapitaalprojekte begroot gaan word.”
Volgens Kirchner raak laat betalings die boubedryf se hele verskaffingsketting en hou dit ernstige gevolge vir ondernemings in die bedryf in.
Navorsing tussen 25 November en 1 Desember laas jaar het 'n gesamentlike uitstaande regeringskuld van meer as N$1 miljard getoon.
“Tog weet ons ons minister van finansies doen wat hy kan om die gevolge van die situasie te versag,” sê sy.
Die federasie het al met Schlettwein en sy span vergader, en volgens Kirchner is hulle verseker dat kontrakteurs wat dienste gelewer het, betaal sal word.
“CIF vra natuurlik vir vinnige betalings en ons is verseker dat betalings gemaak sal word waar moontlik.
“Tog is ons ingelig dat sommige staatsinstellings projekte aangepak het wat te groot is en dat betalings eers gedoen sal kan word indien daarvoor voorsiening gemaak word in die nuwe finansiële jaar,” sê sy.
Kleiner begroting
Om die situasie te beredder, het die federasie 'n lys van onbetaalde fakture opgestel wat gister aan die ministerie oorhandig is.
“Hiermee sal bykomende wigte en teenwigte beskikbaar wees vir die opstel van die nasionale begroting,” sê Kirchner.
Sy verwag 'n kleiner begroting as in vorige jare en sê die Namibiese boubedryf sal moet aanpas by onvoorspelbare ekonomiese omstandighede.
“Ons hoop tog dat werk aan kritieke infrastruktuur vir die verskaffing van water, energie en paaie sal voortgaan. Die onderhoud en opknapping van geboue en infrastruktuur sal ook van die ondernemings in die bedryf help,” sê sy.
Kirchner het gesê die sektor moet besig gehou word om te verseker dat Namibiese boukapasiteit behou word en dat werkverskaffing verseker word.
Volgens haar het plaaslike maatskappye die kapasiteit om die meeste projekte te kan uitvoer en moet verkrygingsdrempels ook aangepas word om die plaaslike bedryf te ondersteun.
“Om beter regulering in die bedryf te verseker, vra die CIF voortdurend vir die instelling van 'n nasionale konstruksieraad. Dit sal beteken dat alle kontrakteurs in ons bedryf gelisensieer word deur die konstruksieraad. Dit sal beter gehalte en beheer in die bedryf verseker,” sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie