Boufoute aan loopbrug dalk rede vir tragedie

Vier kinders is dood en 23 beseer toe die brug by die Hoërskool Driehoek Vrydagoggend ineengestort het.
Susan Cilliers - Dis moontlik dat die loopbrug by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark Vrydag nie ineengestort het weens swak instandhouding nie, maar probleme wat reeds met die ontwerp of oprigting daarvan geskep is.

Dit is die mening van prof. Hendrik Marx, ’n siviele ingenieur verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy doen gereeld forensiese ondersoeke na strukture wat in duie gestort het en getuig soms in hofsake daaroor.

Marx het Saterdagoggend beklemtoon dit sal onbillik wees om vingers te wys na enige partye op grond van foto’s wat Vrydag by die skool geneem is nadat ’n gedeelte van die loopbrug ineengestort het.

“Die foto’s is nie voldoende vir die doel van ’n forensiese foto-ondersoek of wanneer ’n mens self op die toneel sou wees om die struktuur te bekyk nie. Op grond van die oorhoofse foto’s lyk dit egter wel vir my moontlik dat die probleem nie noodwendig gebrekkige instandhouding was nie.”

Marx meen die loopbrug was dalk eerder óf swak ontwerp, óf dat die mense wat die brug opgerig het, moontlik afgewyk het van die ingenieur se spesifieke ontwerpbesonderhede. “Dit kon wees weens onbekwaamheid of swak toesig.”

Die aanvanklike ontwerp kon moontlike gebreke insluit soos dat dele van die vashegtings tussen verskillende dele van die loopbrug nie maklik (of glad nie) bereik kan word indien dit roes en herstelwerk nodig is nie, meen Marx.

Vier kinders is dood en 23 beseer toe die brug Vrydagoggend ineengestort het. Die betonblok van die loopbrug wat meegegee het, het op kinders geval wat op daardie oomblik net onder dit op die grondvloer geloop het. Kinders wat bo-op die betonblok was wat meegegee het, het saam met dit geval en is ook beseer.

Ondersoek

Buang Jones, bestuurder van die Menseregtekommissie (MRK) in Gauteng, het Vrydag gesê die kommissie het reeds vasgestel daar was vertragings met die herstel van strukture by die skool.

“Ons gaan nou met al die betrokke owerhede skakel om antwoorde hieroor te kry.”

In 'n mediaverklaring wat Saterdag uitgereik is, het die Gautengse departement van onderwys bevestig die department van arbeid is nou in beheer van die skool en dat geen ongemagtigde persoon op die perseel toegelaat word nie.

"Die department van arbeid gaan 'n strukturele assessering doen sodat 'n vrystellingsverslag uitgereik kan word wat toelaat dat dele van die skool in gebruik geneem kan word. Dit sal na verwagting Maandag uitgereik word.

"Die departement van onderwys gaan ook strukturele ingenieurs aanstel om die struktuur te assesseer," lui die verklaring. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...