Boulter: Halfmiljoen later is hy vry op borgtog

Howe
Sanet de Waal
Ronelle Rademeyer – Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde mnr. Harvey Eric Boulter (51) is vry om in Windhoek te kom en gaan soos hy wil.

Dié voorsitter en uitvoerende hoof van die internasionale waagkapitaalgroep, Porton Group, is met borgtog van N$500 000 vrygelaat nadat sy aansoek vir die hersiening en tersydestelling van 'n vroeëre borgtoguitspraak in die ­landdroshof op Outjo, voor regter Claudia Claasen in die hoërhof in Windhoek geslaag het.

Adv. Sisa Namandje, vir Boulter, het verlede week voor Claasen betoog landdros I­mmanuel Udjombala het 'n regsfout begaan toe hy Boulter op 11 Mei in die landdroshof op Outjo borgtog geweier het.

Hy het gesê dié beslissing was “diep gebrekkig” aangesien Udjombala nie kon bevind dat Boulter waarskynlik nie sy verhoor sal staan nie, by die ondersoek sal inmeng of dieselfde oortreding weer kan begaan nie.

Claasen het gelas dat hy nie vrygelaat mag word voordat hy nie 'n vaste adres in Windhoek aan die ondersoekbeampte verskaf nie. Hy moet hom een keer per week by die polisie aanmeld en mag die hoofstad nie sonder vooraf toestemming van die polisie verlaat nie.

Sy paspoort is vroeër ingetrek en Claasen het gesê hy mag nie om 'n nuwe paspoort aansoek doen nie.

Boulter is op 27 Februarie in hegtenis geneem nadat hy die 54-jarige mnr. Gerhard van Wyk, bestuurder op sy plaas Kaross by Kamanjab, noodlottig in die maag geskiet.

Die hoogste borgtogbedrag wat ooit in die Namibiese regsgeskiedenis vasgestel is, was N$10 miljoen.

Dit is in 2006 deur die hoërhof bepaal vir die Israeliese miljardêr, mnr. Kobi Alexander, se vrylating op borgtog hangende 'n aansoek vir sy uitlewering aan Amerika.

Artikel gewysig op 23 November 2021

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!