Boulter is geen BBP, su00ea polisie
Boulter is geen BBP, su00ea polisie

Boulter is geen BBP, sê polisie

Howe
Andrew Poolman
Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het gister bevestig die bekende Britse sakeman en moordbeskuldigde, mnr. Harvey Eric Boulter (51), geniet geen status as ’n baie belangrike persoon (BBP) in Namibië nie.

“Boulter se BBP-status is nie bekend aan ons nie en as hy enige BBP-status by die Namibiese polisie het, is ons nie bewus daarvan,” het die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, gesê.

Sy het beklemtoon Boulter kry geensins spesiale behandeling van Nampol nie, “en as daar enige is, weet ons nie daarvan nie”.

Boulter se plaasbestuurder, mnr. Gerhard van Wyk (54), is op Saterdagaand 27 Februarie na bewering deur Boulter op sy plaas Kaross in die Kamanjab-distrik in sy maag gewond en het op pad na die hospitaal op Outjo beswyk.

Boulter is ook tydens die skietvoorval in sy hand getref en is in die Outjo-staatshospitaal opgeneem. Op Dinsdag 2 Februarie is hy direk van die hospitaal na die Outjo-landdroshof geneem waar hy van moord aangekla is en nie borgtog toegestaan is nie.

Boulter is daarna na bewering na ’n Windhoekse private hospitaal oorgeplaas. Sy regsman, mnr. Evert Gouws, wou nie Maandag “die bewegings van my kliënt” openbaar nie.

Adj.komm. Rudolf Kanyetu van die Kunenestreek wou nie gister aan Republikein sê waar Boulter homself tans bevind nie.

“Weens sekuriteitsredes kan ek nie inligting aan die media oor Boulter verskaf nie,” het Kanyetu gesê.

“Hy is steeds in aanhouding,” het Kanyetu bevestig.

Me. Tammy Hoth het gister bevestig hulle het Kaross van 9 600 hektaar, suid van Etosha Nasionale Park, in 2012 aan Boulter verkoop en dat hy later die noordelike buurplaas Pionier ook gekoop het.

[email protected]

Artikel gewysig op 23 November 2021

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!