Boulter sit sy stryd vir vryheid voort
Marc Springer – Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde mnr. Harvey Boulter (51) sal volgende Donderdag weet of sy appèl teen die vroeëre weiering van sy borgtogaansoek suksesvol was en of hy vrygelaat word in afwagting van sy verhoor.
Adv. Sisa Namandje, vir Boulter, het gister voor regter Claudia Claasen in die hoërhof in Windhoek betoog landdros Immanuel Udjombala het 'n regsfout begaan toe hy Boulter op 11 Mei in die landdroshof op Outjo borgtog geweier het.
Hy het benadruk dat dié beslissing “diep gebrekkig” was, aangesien die landdros nie kon bevind dat Boulter waarskynlik nie sy verhoor sal staan nie, by die ondersoek sal inmeng of dieselfde oortreding weer kan begaan nie. Nietemin het die landdros hom borgtog geweier.
In die lig daarvan moes borgtog aan Boulter toegestaan word, aangesien dit die drie belangrikste kriteria is ingevolge waarvan besluit word of 'n beskuldigde vrygelaat moet word hangende sy verhoor of nie.
Namandje het verder daarop gewys dat selfs die ondersoekbeampte nie betwis het dat Boulter nie 'n bedreiging vir die samelewing inhou nie, of dat Boulter die oorledene, sy plaasvoorman mnr. Gerhard van Wyk, per ongeluk geskiet het ná 'n onderonsie op 27 Februarie vanjaar om 'n braaivleisvuur op sy plaas Kaross nie ontstaan het nie.
Namandje het 'n groot deel van sy tyd gewy aan die weergawe van die beskuldigde, waarvolgens hy sonder enige rede deur die oorledene en sy seun, Gerhard junior, getakel is en dat hy sy vuurwapen uit die skede gehaal het om die twee mans af te weer. Dit was toe die oorledene die wapen by hom probeer gryp het, dat 'n skoot afgevuur is wat Boulter se linkerhand beseer het en Van Wyk in die maag getref het. Hy het op pad na die hospitaal gesterf.
Udjombala het egter bevind die staat het 'n sterk saak teen Boulter en dat hy 'n lang tronkstraf opgelê kan word – terwyl dit nie die primêre fokus moes wees nie, sê Namandje. Die landdros moes beslis of die beskuldigde ‘n vlugrisiko is en nie sy verhoor sal bywoon nie, en/of sou inmeng met die polisie se ondersoek as hy op borgtog vrygelaat word, wat hy nie gedoen het nie.
Namandje het sê die beginsel wat moes geld, is dat hy moontlik onskuldig is en die reg op vryheid het. Daarom moes hy hom op borgtog van N$200 000 vrygelaat het, met normale borgtogvoorwaardes van aanmelding by die polisie wat geld.
Die aansoekers het benadruk dat staatsaanklaer Ethel Ndlovu geen bewyse kon verskaf dat Boulter sal vlug of met die ondersoek sal inmeng nie.
Artikel gewysig op 26 November 2021.
–[email protected]
FOTO
Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, mnr. Harvey Boulter, word deur die polisie en sy advokaat, Kadhila Amoomo, na die hof begelei. Foto Marc Springer

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie