Bouwerk aan Bona se herehuis gestaak
Bouwerk aan Bona se herehuis gestaak

Bouwerk aan Bona se herehuis gestaak

Bouwerk aan die multimiljoen-dollar huis van oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe se dogter, Bona, staan stil sedert verlede maand se militêre ingryping in die land, het die onafhanklike koerant, NewsDay verlede Woensdag berig.

Die huis word deur Chinese kon­trakteurs in Harare se luukse bodorp, ­Umwinsidale, gebou.

Plaaslike inwoners was glo verbaas oor die spoed waarmee 'n boomryke heuwel weggekalwe is om plek te maak vir die nuwe eiendom.

Die bouery het in Mei begin, maar is gestaak kort nadat Mugabe gedwing is om op 21 November te bedank.

Die ontwikkelaar het vermoedelik kop uitgetrek, alhoewel 'n bouer op die perseel dit ontken, berig die koerant.

Die hoofkontrakteur het 'n ander Chinese maatskappy gesubkontrakteer, wat sy toerusting aan die begin van die politieke krisis kom haal het,” het die werker verklap.

“Hy is nie die hoofkontrakteur nie en sy vertrek beïnvloed sake hier nie.”

Die bouperseel word deur die polisie bewaak en onregmatige toegang word verbied.

Bona is die oudste van Mugabe se drie kinders en is getroud met die voormalige vliegtuigloods, Simba Chikore, wat onlangs uit 'n topposisie by Air Zimbabwe bedank het.

'n Inwoner het aan die koerant gesê die paartjie is soms by die bouperseel gesien.

“Hulle het verbygekom en was vriendelik met die mense,” sê die inwoner wat nie sy naam gegee het nie.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!